Die afgelope vyf jaar het minstens 30 geregistreerde abattoirs hul deure gesluit. Die tekort aan voldoende kragvoorsiening maak dit vir hulle nou nóg moeiliker om te funksioneer, sê dr. Gerhard Neethling, uitvoerende hoof van die Rooivleisabattoirver- eniging (RVAV).
Neethling sê die RVAV het tans 410 abattoirs landwyd wat geregistreer is ingevolge die Wet op Vleisveiligheid (Wet 40 van 2000). “Vir die abattoirs om te voldoen aan die wet moet vleis verkoel word tot 7 °C voordat dit na klante geskuif word.
Die proses duur minstens ’n dag,” sê Neethling. Verder is die meeste van die prosesse in abattoirs gemeganiseerd. “Selfs die kleiner abattoirs wat dalk nie meganiese lyne het nie, is steeds afhanklik van kragvoorsiening om toerusting soos lugmesse en sae te gebruik.”