AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Afgeskaalde landboubegroting knou ekonomiese groei

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die afskaling van die begrotings van staatsdepartemente verantwoordelik vir die herstel van die ekonomie, soos die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en die kanalisering van geld na ingrypings om die Covid-19-pandemie te beveg, hou ernstige implikasies in vir die tesourie se beloofde onderneming om ekonomiese groei in Suid-Afrika aan die gang te kry.

Agri SA meen die salarisrekening van die departement moet eerder besnoei word as die programme vir voedselsekerheid, grondhervorming, produksiehulp (Ilima Letsema), infrastruktuurontwikkeling (CASP) en landelike ontwikkeling, sê mnr. Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende direkteur van Agri SA.

Dit maak nie sin dat die begroting vir die programme vir voedselsekerheid, grondherverdeling, restitusie en landbou-ondersteuning met R1,89 miljard verminder is nie, veral omdat die landbou aangewys is as een van die sektore wat werkskepping kan meebring en die landelike ekonomie kan ophef. Die besnoeiing van R276,7 miljoen aan die voorwaardelike toelaes vir Ilima Letsema en CASP hou enorme implikasies in vir opkomende boere wat van hierdie hulp afhanklik is.

Besnoei salarisrekening

Van der Reede sê die salarisrekening van die departement wat op R4,44 miljard staan, is met net R300 miljoen besnoei. “Dit is die olifant in die kamer wat die staat nie wil aanpak nie.” Die regering se onvermoë om sy salarisrekening te besnoei en volgehoue klem op welsynsingrypings pleks van die ontsluiting van welvaartskeppende geleenthede, gaan die land duur te staan kom omdat dit ten koste van ekonomiese groei geskied.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê die besnoeiing van die salarisrekening belemmer die departement se pogings om sy menslike hulpbronne te versterk sodat ’n veerkragtige sektor gebou kan word.

“Dit is nie net die begrotingsbesnoeiings wat ’n impak sal hê op die dienste van die departement nie, maar die verspreiding van Covid-19 het ook ’n impak op die diens wat die departement lewer.

“Die kommissie vir die herstel van grondregte ervaar probleme ten opsigte van vergaderings met eisers, die uitvoer van navorsing en verifikasie, toegang tot die eisers se relevante dokumente, die teken van eisooreenkomste en die afhandeling van aanbiedinge.”

Met die begroting vir landelike ontwikkeling wat met R199,7 miljoen besnoei is, sal die program vir landelike maatskaplike infrastruktuur nadelig geraak word. Dit sluit in die herlewing van besproeiingskemas. Dit, tesame met die besnoeiing van die infrastruktuurtoekennings aan Casp, sal lei tot die vertraging van die toepassing van infrastruktuurprojekte op plase.

Didiza het gesê vir die huidige boekjaar sal gekonsentreer word op die finalisering van die veeljarige infrastruktuurprojekte en die projekte wat in die 2019-’20-boekjaar begin is.

Die begroting vir die programme vir ekonomiese ontwikkeling, handel en bemarking is met R135,9 miljoen besnoei. Die gevolg hiervan is dat projekte vir landbouverwerking, bemarking en landelike nywerheidsontwikkeling heroorweeg moet word. Sy het oor die aankoop van grond gesê daar sal nie nuwe projekte oorweeg word nie en daar sal ook nie nuwe waardasies gedoen word nie. Die huidige begroting is slegs genoeg vir die bestaande verbintenisse. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot