AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Aflegging van werkers by LNR gestuit

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Johan Coetsee
Ter illustrasie. Foto: Johan Coetsee
Te midde van onsekerheid of die Landbounavorsingsraad (LNR) nog hoegenaamd ’n wettige direksie het, is planne om van sowat 1 000 werkers ontslae te raak onder leiding van die vakbond Solidariteit vir eers gestuit.

Die LNR het op 2 Junie ’n artikel 189A-kennisgewing uitgereik waarvolgens 1 000 afleggings sou geskied en Solidariteit het ingegryp om sy lede by die LNR by te staan. Mnr. Peirru Marx, sektorkoördineerder by Solidariteit, het ná samesprekings met die LNR-bestuur sy misnoeë uitgespreek omdat die bestuur geen aanduiding kon gee van die poste waarna verwys word in die kennisgewing nie.

“Aangesien dit deel is van die artikel 189A-proses, is dit skrikwekkend dat die bestuur nie die inligting kon verskaf soos vereis word deur die wet nie. Die verwagting is tog dat die bestuur ’n deeglike ontleding sou doen voordat tot ’n drastiese stap oorgegaan word wat soveel poste sal raak.” Die kwessie word verder bemoeilik deur onsekerheid oor die posisie van die LNR se direksie. Die termyn van die ou direksie het einde Maart verval en die termyn is tot 30 Junie verleng om die minister ’n geleentheid te bied om ’n nuwe direksie aan te stel. Dit het klaarblyklik nog nie gebeur nie en Landbouweekblad se navrae hieroor is nie beantwoord nie.

“Ons het ons bedenkinge oor die werkswyse as ’n uittredende direksie so ’n drastiese stap soos die aflegging van 1 000 werkers goedkeur en dit dan bloot aan ’n nuwe direksie oorlaat om die proses deur te voer,” sê Marx.

Solidariteit was reeds besig met die derde gefasiliteerde sessie met die LNR, maar daar kon geen vordering gemaak word om met konsultasies met geraakte lede te begin nie. Die LNR kon steeds nie sê watter werkers geraak word nie. “Dit het ons met geen ander keuse gelaat as om die kommissaris van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitarasie (KVBA) te vra om tussenbeide te tree nie,” sê Marx. “Gevolglik was die LNR genoodsaak om die kennisgewing te onttrek.”

Solidariteit en ander vakbonde sal eersdaags met die samestelling van ’n taakspan begin om alternatiewe te ondersoek om moontlike afleggings in die toekoms te vermy.“

Solidariteit tref voorbereidings vir ’n strategiese taakspan wat alle partye sal insluit, om die bes moontlike oplossing te vind vir die finansiële druk waaronder die LNR in hierdie stadium gebuk gaan. Dit is vir ons van deurslaggewende belang om ons lede se werk en inkomste in hierdie moeilike tye te beskerm. Ons verwelkom die nuwe ontwikkelinge en sal elke moontlike opsie ondersoek om werksverliese te vermy,” sê Marx.

Die LNR se enigste reaksie op navrae was dat hy betrokke is by ’n formele nasionale bedingingsforum met georganiseerde arbeid en dat ’n formele openbare verklaring uitgereik sal word sodra daar uitsluitsel is oor die kwessies onder bespreking.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot