Afrifroum het te kenne gegee dat hy beoog om vandag (20 Oktober 2011) 'n strafregtelike klag teen mnr. Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, in te dien.
Malema het glo op 'n openbare geleentheid in Thembelile, Lenasia, die skare aangemoedig om grond sonder toestemming te beset as die Regering dit nie aan hulle gee nie.
Ingevolge regsadvies wat Afriforumingewin het, kan Malema se optrede gesien word as uitlokking tot sedisie. Derhalwe gaan die burgerregte-organisasie vandag by die Wierdabrug-polisiestasie in Valhalla, Centurion, 'n klag teen hom indien.
Warm water
? Reeks ander misdrywe, wat uitlokking tot openbare geweld en uitlokking tot betreding insluit, sal in die alternatief gepleit word.
Intussen is Malema ook in die warm water omdat hy op dieselfde geleentheid rassistiese uitsprake oor die Indiër-gemeenskap gemaak het.
• Daar is reeds 'n tugverhoor hangend teen Malema. Die ANC beskuldig Malema daarvan dat hy die party se naam deur die modder gesleep en onmin binne die party gesaai het.
20 Oktober 2011