AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Afrika moet meer kos produseer, wys Oekraïne-oorlog

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Rusland se inval in Oekraïne wys opnuut hoe belangrik dit is om Afrika se eie voedselproduksie te bevorder en in klimaatsaanpassing vir die landbou te belê.

Die Afrika-ontwikkelingsbank en vennote beoog om $1 miljard (R14,6 miljard) te mobiliseer om die produksie van koring en ander gewasse in Afrika te bevorder.

Dr. Patrick Verkooijen, uitvoerende hoof van die wêreldsentrum vir aanpasbaarheid (GCA), me. Anne Beathe Tvinnereim, Noorweegse minister van internasionale ontwikkeling, en dr. Akinwumi Adesina, president van die Afrika-ontwikkelingsbank, skryf in ’n meningstuk dat Rusland se inval in Oekraïne Afrika se afhanklikheid van invoer ontbloot.

Dit wys opnuut hoe belangrik dit is om die vasteland se eie voedselproduksie te bevorder en in klimaatsaanpassing vir die landbou te belê.

Terwyl die konflik in Oekraïne onmeetbare lyding en verwoesting daar veroorsaak, dreig dit volgens die skrywers ook om ’n stil katastrofe in Afrika te veroorsaak. Die konflik het voedselpryse die hoogte in laat skiet, terwyl 283 miljoen mense op die vasteland reeds honger ly.

Ingevoerde koring verteenwoordig sowat 90% van Afrika se handel met Rusland en byna die helfte van die vasteland se handel met Oekraïne. Sanksies teen Rusland het graanverskepings ontwrig juis toe internasionale voorrade reeds knap was. Volgens Verkooijen, Tvinnereim en Adesina vergroot dit vrese vir massa-hongersnood in Afrika.

Die vasteland se voedselkrisis het oor ’n tydperk ontwikkel. Klimaatsverandering ontwrig weerpatrone en berokken die landbou skade, nie net in Afrika nie, maar op baie plekke in die wêreld. Dit het daartoe bygedra dat voedselpryse nou op hul hoogste vlak in byna 50 jaar is.

Benewens oorlog is klimaatsverandering waarskynlik die grootste bedreiging vir wêreldvoedselsekerheid. Langtermyn-, volhoubare oplossings is nodig om die landbou in staat te stel om aan te pas.

Hulpprogramme

Die Afrika-ontwikkelingsbank bring deur sy tegnologieprogram TAAT hoë-impaktegnologie na die landbou op die vasteland om produksie te verhoog. Die doel is om 40 miljoen boere te help om hul opbrengs van hitteverdraagsame koring-, rys- en sojaboonkultivars, en ander gewasse te verhoog.

GCA en ander ontwikkelingsvennote is sedert verlede jaar, danksy ’n program om aanpassing in Afrika te versnel, besig met werk om klimaatsveerkragtige tegnieke na kleinskaalse produsente te bring, wat die meeste van Afrika se voedsel produseer.

GCA raam dat die koste om in klimaatsbestande plase in Afrika te belê, minder as ’n tiende beloop van die skade wat deur klimaatsrampe veroorsaak word, insluitend oesverliese, rampverligting, die herbou van paaie en om boere weer op hul voete te kry. Vir Afrika suid van die Sahara is laasgenoemde koste na raming $201 miljard (R2 933 miljard) per jaar, terwyl beleggings in klimaatsaanpassing van die landbou volgens die GCA na raming sowat sowat $15 miljard (R219 miljard) sal kos.

Volgens Verkooijen, Tvinnereim en Adesina kan klimaatsverandering in Afrika, teen 2030, 15% van die bruto binnelandse produk uitwis, wat beteken ’n bykomende 100 miljoen mense kan teen die einde van die dekade in armoede gedwing word.

Geskikte kultivars

Om landbou-opbrengste te verhoog, moet die vasteland se ryk biodiversiteit beskerm en nuwe gewaskultivars gevind word wat meer geskik is vir droër en warmer klimate. Genebanke bewaar duisende belangrike plantmonsters wat wetenskaplikes kan gebruik om beter kultivars te ontwikkel, maar hulle ly al jare lank weens onvoldoende finansiering en personeel, wat risiko’s veroorsaak vir plantversamelings en toekomstige voedselsekerheid.

Die organisasie Crop Trust het ’n projek genaamd BOLD wat deur Noorweë en die Europese Unie gefinansier word en wat finansiële en tegniese steun aan genebanke in Nigerië, Zambië, Kenia, Ethiopië en Ghana bied.

  • Die meningstuk, wat hier verkort is, is oorspronklik deur Thomson Reuters gepubliseer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-0.5%
Rand - Pond
21.52
-0.1%
Rand - Euro
18.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
993.06
-0.8%
Palladium
1,604.65
-2.0%
Goud
1,906.91
-0.9%
Silwer
23.18
-1.8%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,465
-1.2%
Alle aandele
79,512
-1.0%
Hulpbronne 10
75,977
-2.5%
Industriële 25
102,169
-0.5%
Finansiële 15
16,179
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot