Die maatskappy, wat reeds 22 jaar lank in Suid-Afrika sake doen, se produkte sal nou deur Exact Precision (Edms.) Bpk. en Pure Precision Farming (PPF) versprei word. Albei maatskappye sal ook verantwoordelik wees om verkoops- en rugsteundiens aan die hele land te verskaf.
Mnr. Jaco van der Merwe, besturende direkteur van Exact Precision in Standerton, Mpumalanga, sê hy is reeds geruime tyd by Ag Leader betrokke. “Ek is sedert 2012 ’n herverkoper van Ag Leader se produkte en deur Exact Precision kan ons ons nou daarop toespits om Ag Leader se reeks planter-, spuit-, strooier- en stuurinstallerings uit te voer en boere raad te gee.”
Mnr. Jaco Hamman, direkteur van Pure Precision Farming op Ventersdorp, het ook 13 jaar ervaring in georuimtelike tegnologie reg oor die landbou-spektrum. “Pure Precision Farming spesialiseer in die voorsiening van konsultasiedienste en opleiding vir die verkope en ondersteuning van oplossings deur middels van Ag Leader se produkte,” sê Hamman.