AFGRI
BEAN
01 Jul
-
8800
-80,00
CORN
01 Jul
-
4172
-95,00
SOYA
01 Jul
-
8560
-26,00
SUNS
01 Jul
-
10740
-57,00
WEAT
01 Jul
-
7464
-1,00
WMAZ
01 Jul
-
4454
-4,00
YMAZ
01 Jul
-
4396
-12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Agbiz bly gekant teen onteiening sonder vergoeding

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die landbousakekamer Agbiz en sy lede het nog altyd transformasie ondersteun en sal voortgaan om dit te doen, maar hulle is gekant teen onteiening teen nul vergoeding as ’n manier om dit te bereik.

Agbiz sê in sy kommentaar op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet hy het nog altyd die uitbreiding van sterk eiendomsregte en die sukses van die grondhervormingsprogram as twee kante van dieselfde muntstuk gesien. Betekenisvolle transformasie is nie net noodsaaklik vir die volhoubaarheid van die Suid-Afrikaanse ekonomie op lang termyn nie, dit is ook moreel die korrekte ding om te doen.

Die organisasie glo egter dat grondhervormingsdoelwitte bereik kan word sonder ’n grondwetlike verandering as die administratiewe prosesse hersien word om doeltreffende administrasie te verseker. Dit is nie nodig vir onteiening teen nul vergoeding nie.

Agbiz sê ingevolge artikel 25 was onteiening nog altyd ’n wettige opsie vir grondhervorming in gevalle waar bona fide-onderhandelings om grond te bekom, misluk het. Daar is weinig meriete daarin om ’n bepaling te verander wat baie min die afgelope 25 jaar benut is. Die inherente risiko van die verswakking van eiendomsregte weeg baie swaarder as enige voordele omdat daar geen waarborg is dat ’n verandering grondhervorming sal versnel nie.

Die twyfel wat bestaan oor die gewig wat grondhervorming as die doelwit van onteiening dra, is nie ’n fout in die bewoording van die Grondwet nie, maar eerder die gevolg van die staat wat dit nie benut het nie. Omdat die staat nie sy magte gebruik het om ter wille van grondhervorming te onteien nie, het howe nog nie die geleentheid gehad om duidelikheid te verskaf oor “regverdig en billik” in die konteks van grondhervorming is nie.

Eiendomsreg

Die organisasie sê die erkenning van eiendomsregte is die grondslag van ekonomiese vryheid en vooruitgang. Dit speel ook ’n deurslaggewende rol in beleggingsbesluite en daar is reeds ’n afname in buitelandse beleggings in die plaaslike landbousektor. Eksplisiete nul vergoeding strook nie met internasionale standaarde nie en sal beleggings, kapitaalvorming en produktiwiteit skaad. Die skade aan die ekonomie kan die koste van regverdige en billike vergoeding oortref.

Agbiz glo daar is baie alternatiewe om grondhervorming te bevorder soos die gemengde finansieringsmodelle waar die staat en private sektor saam grondverkryging kan finansier.

Agbiz sê al is hy in beginsel gekant teen ’n wysiging in die Grondwet, sal hy by die wetlike prosesse betrokke bly en daarom het hy ook sy insette gelewer oor die voorgestelde bewoording van die wysiging. Hoewel daar in die konsepwysiging nie daarvoor voorsiening gemaak is nie, neem hy ook kennis van die mediaberigte dat die regerende party wil hê die uitvoerende gesag, en nie die howe nie, moet die laaste sê oor vergoeding hê.

Agbiz glo die finale beslissing moet by die howe berus omdat hulle die beste toegerus is om die belange van die staat en individue teen mekaar op te weeg.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.45
-1.0%
Rand - Pond
19.73
+0.4%
Rand - Euro
17.08
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.16
+0.6%
Rand - Jen
0.12
-1.6%
Goud
1,800.13
-0.4%
Silwer
19.70
-2.8%
Palladium
1,938.50
-0.1%
Platinum
876.50
-2.4%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
60,246
+0.2%
Alle aandele
66,275
+0.1%
Hulpbronne 10
62,190
-2.4%
Industriële 25
80,778
+1.7%
Finansiële 15
14,736
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Romanties
Dinsmiese passievolle men's. Hou van lewe en natuur, rond ry en nuwe plekke ontdek en om fun te he
Treat me like a Queen and I will treat u like a King
Ek is n outgoing mens Hou van visvang, Kamp, verf, onthaal. Baie easy-going. Hou van orde ek is Ocd:). Baie netjies en skoon op myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot