AFGRI
BEAN
04 Jul
-
8476
-351,00
CORN
04 Jul
-
4000
-84,00
SOYA
04 Jul
-
8530
-183,00
SUNS
04 Jul
-
10300
-90,00
WEAT
04 Jul
-
7475
-78,00
WMAZ
04 Jul
-
4405
-47,00
YMAZ
04 Jul
-
4275
-51,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
24 Jun
-
60,13
0,04
Beeste AB2/3
24 Jun
-
57,78
0,16
Beeste B2/3
24 Jun
-
53,27
-0,33
Beeste C2/3
24 Jun
-
47,34
0,58
Bevrore Hoender
24 Jun
-
30,91
0,02
Bokkies (onder 30 kg)
24 Jun
-
68,01
-4,77
Bokooie
24 Jun
-
62,41
8,57
Groot (meer as 40 kg)
24 Jun
-
46,26
0,61
Hoender (IQF)
24 Jun
-
29,67
-0,30
Medium (30-40kg)
24 Jun
-
57,08
-0,23
Pork Average
24 Jun
-
27,15
-0,03
Poultry Average
24 Jun
-
30,68
-0,08
Skaap A2/3
24 Jun
-
105,21
-2,43
Skaap AB2/3
24 Jun
-
87,48
-0,05
Skaap B2/3
24 Jun
-
81,33
0,49
Skaap C2/3
24 Jun
-
76,9
-1,16
Speenkalf
24 Jun
-
36,17
-0,75
Spekvarke
24 Jun
-
28,11
0,31
Stoorlammers
24 Jun
-
53,52
0,23
Varkwors
24 Jun
-
22,34
0,14
Vars Hoender
24 Jun
-
31,45
0,03
Vleisvarke
24 Jun
-
27,07
-0,03

Agda skitter ondanks covid-19-inperking

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Mathews Phosa. Foto: Carien Kruger
Dr. Mathews Phosa. Foto: Carien Kruger
Hoewel die landbou-ontwikkelingsagentskap Agda te midde van die covid-19-pandemie gekniehalter was om genoeg geld vir sy beoogde ontwikkelingsprojekte in te samel, is die agentskap in sy skik met wat reeds bereik is.

Me. Leona Archary, uitvoerende hoof, sê in die algemeen is die lede tevrede met die vordering en hulle hoop om binne die volgende maande van hul groot kapitaalprojekte aan die gang te kry. “Onthou, dit het nie net gegaan oor die insameling van geld nie, maar ook om as tussenganger op tree om vennootskapsooreenkomste vir projekte te sluit, vaardigheidsontwikkeling en toegang tot markte. Ons het nou al byvoorbeeld ooreenkomste gesluit met die Gautengse provinsiale regering, die departement van landbou in Limpopo en ons is ook besig met Mpumalanga en die Vrystaat.

“Dit verbind geleenthede in die private sektor met staatsinstellings en ek is baie optimisties dat ons vanjaar baie vinniger sal vorder met ons planne.”

Agda het in Maart sy eerste jaarvergadering gehou en by dié geleentheid is dr. Mathews Phosa, sakeman en ook Mpumalanga se eerste premier in 1994, tot voorsitter verkies in die plek van mnr. Nick Serfontein van die Sernick-groep, wat in die raad aanbly.

Hoewel Agda se infrastruktuur verlede jaar eers ten volle op die been gebring is, het hy reeds toe al sy ledetal tot meer as 180 lede uitgebrei. Daar is ontwikkelingsprojekte by onder meer Jabulani, Mamelodi, Olievenhoutbosch, Louwsburg, Waterberg en Garankuwa op die been gebring wat tot die behoud en skep van 500 werksgeleenthede bygedra het. Ander projekvoorstelle en sakeplanne van 2021 behels die behoud en skep van ’n verdere 3 500 werksgeleenthede.

Projekte wat vanjaar deurgevoer word, sal bydra tot 2 400 werksgeleenthede en projekte in ’n beplanningstadium tot nog 1 500 werksgeleenthede. Een van die kommersiële projekte in vennootskap met De Beers behels ’n aartappel-en-groente-knooppunt by Blouberg in Limpopo. Die projek is gemik op die ontwikkeling van 40 nuwe aartappelboere oor die volgende vier jaar en sal 800 werksgeleenthede skep. Daar word ook planne beraam vir ’n pakhuis en marktoegang. Die private sektor, die staat, gevestigde landboubesighede en boere is betrokke.

Nog ’n projek is ’n tuinbou-ontwikkelingsplan by Soweto saam met die Gautengse provinsiale regering. Hoëwaardegroente sal verbou word met werksgeleenthede wat op produksie- en verwerkingsvlak.

Nog ’n voorbeeld van ’n projek wat goed vorder, is ’n voedselsekerheidsprojek saam met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en Amandla om 330 mense in verskillende gebiede op te lei om koöperasies te vestig wat kleinboere sal help om doeltreffend deel te word van plaaslike markte.

Een van die voorkeurareas is Louwsburg in die noorde van KwaZulu-Natal waar die inwoners hoofsaaklik van die landbou afhanklik is. Sowat 75 gemeenskapslede is begin vanjaar opgelei in boerderymetodes wat op huishoudelike voedselsekerheid gemik is. Hulle het groentesaad ontvang om te plant en ’n plaaslike koöperasie hou toesig oor hul boerderye.

Die kwessies waarop Agda in 2022 wil konsentreer, is voedselsekerheid en landbouhuishoudings, die kommersialisering van swart boere, marktoegang, vennootskappe, opleiding en vaardigheidsontwikkeling.

Die agentskap is onder leiding van oudminister Roelf Meyer op die been gebring nadat ’n voorstel daaroor op Landbouweekblad se grondberaad by Bela-Bela in 2018 bespreek is. Dit was na aanleiding van ’n versoek van pres Cyril Ramaphosa aan die private sektor om met planne vorendag te kom om werk te skep.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.35
-0.1%
Rand - Pond
19.79
-0.2%
Rand - Euro
17.05
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.23
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,808.82
-0.1%
Silwer
19.98
+0.4%
Palladium
1,934.00
-1.6%
Platinum
887.00
-0.6%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
60,902
+2.1%
Alle aandele
67,025
+2.0%
Hulpbronne 10
63,634
+3.8%
Industriële 25
81,244
+1.2%
Finansiële 15
14,837
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Betroubaar eerlik.
Ek is 'n verantwoordelike persoon, betroubaar, vindingryk, selfstandig en het wye belangstellings. Meestal 'n huishen maar ook baie lief vir die natuur, rustigheid en...
Old Fashioned Values - No Players Please
I'm fun, intelligent and have a great sense of humour. I am honest and very up front and have no secrets. Kind hearted and love family, music and the outdoors. I love...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot