AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9643
0,00
CORN
06 Jun
-
4627
0,00
SOYA
06 Jun
-
7760
0,00
SUNS
06 Jun
-
8228
0,00
WEAT
06 Jun
-
6630
0,00
WMAZ
06 Jun
-
3704
0,00
YMAZ
06 Jun
-
3816
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Agri-Expo laat vaar sommige projekte, herstruktureer personeel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Skermgreep
Foto: Skermgreep
Agri-Expo het in 2022 ’n proses van herstruktuering ondergaan en moes sommige projekte laat vaar en sy personeel verminder.

Suid-Afrika se oudste landbougenootskap, Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, wat handel dryf as Agri-Expo, sou oor sowat ’n dekade ophou bestaan het as die raad nie einde verlede jaar drastiese besluite geneem het oor die struktuur van die instelling nie.

Luidens ’n verklaring is Agri-Expo weens beduidende verliese as gevolg van projekte wat die afgelope paar jaar geen wins gelewer het nie, en die swak ekonomiese klimaat genoodsaak tot die drastiese besluit.

Volgens mnr. Pieter van Wyk, president van Agri-Expo, was die probleme wat die afgelope paar jaar ontstaan het, struktureel van aard. “Ons het ongelukkig te veel projekte gehad wat nie wins lewer nie, en daarmee saam ’n personeelkorps wat baie kundig is, maar wat Agri-Expo nie volhoubaar kan bekostig nie. Ons moes ons uitgawes aanpas in ooreenstemming met ons inkomste.”

Die raad het ná raadpleging met kundiges en gesprekke met personeel besluit om onwinsgewende projekte te laat vaar. Personeel wat Agri-Expo nie meer kon bekostig nie, is ook laat gaan.

Luidens die verklaring is die proses afgehandel en het die personeel wat geraak is, reeds regverdige en bogemiddelde skeidingspakette ontvang. “As ons nie hierdie moeilike besluite geneem het om nou projekte en personeel prys te gee nie, sou hierdie landbougenootskap wat 192 jaar oud is, oor bietjie meer as 10 jaar sy deure moes sluit. Ons bedank die personeel wat ons diens verlaat het, vir hul toewyding en kundige diens aan Agri-Expo en die breë landboubedryf,” sê Van Wyk.

Die raad het besluit om die volgende projekte te prioritiseer: die SA suiwelkampioenskap, die SA Jongwynskou, ondersteuning aan landbouskole (landbou-jeugontwikkeling) en sy ledeskoue (landbouskoue).

Nuwe hoofbestuurder

Mnr. Breyton Milford is ná die herstuktureringsproses as hoofbestuurder van Agri-Expo aangestel. Milford was voorheen bedryfsbestuurder by Agri-Expo en ken die organisasie goed. Die raad dui in die verklaring aan dat hy opgewonde oor Milford se aanstelling is en dat hy glo dat dié stap gaan bydra tot die nuwe era wat Agri-Expo betree.

Milford sê dis ’n reusevoorreg om die genootskap en sy lede te dien. “Ek glo dat Agri-Expo ’n nuwe tydvak betree. Ons gaan moet terugkeer na die fundamentele beginsels. Ten einde volhoubaarheid te verseker, sal nuwe projekte sterk bekostigbaarheids- en relevansietoetse moet slaag, sonder om landboubevordering te benadeel. Ek sien daarna uit om Agri-Expo opnuut te fokus en vaartbelyn te maak.”

Landbou.com het in November verlede jaar berig dat die meeste personeel by Agri-Expo afleggingsbriewe ontvang het. Volgens die organisasie se amptelike webtuiste het hy 17 personeellede in diens gehad en het hy 15 raadslede. Dit is vandag aan Landbou.com bevestig dat Agri-Expo nou vier personeellede in diens het en hy het 15 raadslede.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.23
+0.2%
Rand - Pond
23.92
+0.2%
Rand - Euro
20.63
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.83
-0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
1,034.77
+3.0%
Palladium
1,421.61
-1.0%
Goud
1,960.07
-0.1%
Silwer
23.63
+0.3%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,422
0.0%
Alle aandele
76,603
0.0%
Hulpbronne 10
69,348
0.0%
Industriële 25
103,842
0.0%
Finansiële 15
14,979
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot