Die vergadering tussen landbou-organisasies in die Wes-Kaap het in goeie gees plaasgevind en ‘n volgende byeenkoms is op die kaarte.
Die vergadering tussen Agri Wes-Kaap, die United South African Agricultural Association (USAAA) en die African Farmers’ Association of South Africa (AFASA) Wes-Kaap het in ‘n baie goeie gees geskied en hoewel hierdie ‘n verkennende gesprek was, het die organisasies heelwat raakpunte en sake van gemeenskaplike belang geidentifiseer.
In ‘n gesamentlike verklaring deur Agri Wes-Kaap, USAAA en AFASA Wes-Kaap besef wel dat ‘n wye spektrum van boerdery aangeleenthede deur die onderskeie rolspelers verteenwoordig word, maar het ooreengekom dat dit belangrik is om ook die verskillende uitdagings wat die onderskeie belangegroepe ervaar, in ag te neem.
‘n Opvolgvergadering is geskeduleer vir einde April 2012 sodat die betrokke organisasies geleentheid kan kry om met hulle lede te konsulteer en bydraes te verkry sodat die pad vorentoe bepaal kan word.
8 Februarie 2012