AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Agri SA: Buurlande sluit grense ‘eensydig’ vir groente uit SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Botswana, Eswatini, Lesotho en Namibië wat hul landsgrense vir sekere landbouprodukte uit Suid-Afrika sluit, se optrede is eensydig en strydig met handelsooreenkomste.

Só sê Agri SA in ’n skrywe aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, waarin die organisasie haar hulp vra om die kwessie aan te pak.

Volgens mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het die vier lande, wat ook lede is van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu), eensydig besluit om hul grense vir sekere landbouprodukte vanaf Suid-Afrika, die vyfde lidland van Sadu, te sluit.

Namibië het onlangs aangekondig sy grense is vir eers gesluit vir beet, kool en wortels.

“Onlangs het verskeie van ons kommoditeitsgroepe ons genader vir hulp toe hulle met skok besef van hul produkte word by grense geblokkeer, veral na Botswana en Namibië.”

Van der Rheede sê dié optrede is verwarrend gegewe ’n doeane-unie soos Sadu wat van nature net ’n gemeenskaplike, eksterne handelsgrens het, terwyl die vry vloei van goedere binne die lede plaasvind.

Die Sadu-ooreenkoms sorg vir ’n enkele tariefstruktuur vir lidlande. Geen doeanebelasting word tussen die lande gehef nie.

“Hierdie lande se eensydige optrede is teenstrydig met die Sadu-ooreenkoms, die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se algemene ooreenkoms oor tariewe en handel, asook die WHO se ooreenkoms oor die landbou.”

Ongegronde redes

Agri SA sê die lande regverdig hul optrede deur onder meer aan te voer dit is ter wille van die beskerming van hul plaaslike produksie. “Sekere dele van die Sadu-ooreenkoms word dan gebruik om die stappe te regverdig.

“Agri SA besef daar heers al etlike jare frustrasie oor hierdie eensydige blokkering van landbouprodukte deur van ons buurlande en in baie gevalle word dit sonder enige waarskuwing ingestel.”

Volgens hom is veral Botswana en Namibië geneig om hul grense vir groente vanaf Suid-Afrika te sluit. “Maar dié lande is ewe tevrede om dieselfde produkte na Suid-Afrika – teen uitbuitende pryse – uit te voer.”

Dié prysvasstelling word volgens hom moontlik gemaak deur die verskille in lone wat betaal word. Suid-Afrika betaal aansienlik hoër lone aan mense in die landbousektor as Namibië en Botswana.

“Een voorbeeld hiervan is die groentebedryf: Botswana se loon is 3,8 pula (R5,04) per uur en Namibië s’n R12,23 per uur, gegrond op huidige lone aangesien geen minimum loon geld nie. In Suid-Afrika is die minimum loon in die groentebedryf R21,96 per uur.”

Geen optrede teen buurlande

Volgens hom is daar ook ’n tekort aan politieke wilskrag aan die kant van Suid-Afrika om druk te plaas op die lande om aan die Sadu-ooreenkoms te voldoen.

“Ons eerste keuse sal wees dat die lande by die ooreenkoms hou. As dit nie gebeur nie, wil ons sien dat Suid-Afrika terugkap en ons grense vir groente vanaf die lande sluit.

“Die saak word onuithoudbaar vir van die kommoditeitsgroepe en ons versoek dringend u aandag in verband hiermee,” luidens die brief aan Didiza.

Werksgeleenthede, inkomste op die spel

“Werksgeleenthede en inkomste is op die spel weens hierdie ongeregverdigde optrede wat in stryd is met die Suider-Afrikaanse Doeaneunie-ooreenkoms.”

Die verbod sluit tans onder meer tamaties, aartappels, beet, kool en gekleurde soetrissies in.

“Die optrede deur Botswana en Namibië is veral volgens ons ekstreem omdat dit nie spruit uit enige oortreding deur Suid-Afrikaanse boere nie. Hierdie lande beskerm hul eie plaaslike produksie én gaan voort om hul produkte na Suid-Afrika uit te voer.”

Volgens hom is die optrede van die lande nie korttermyn-maatreël nie.

“Die regering van Botswana beoog om die verbod oor twee jaar te hersien, en het reeds aangedui dat hierdie hersiening waarskynlik die lys van beskermde produkte sal uitbrei en nie verminder nie. Agri SA is ook bewus van beweerde pogings om Suid-Afrikaanse boere aan te moedig om hul bedrywighede na hierdie buurlande te verskuif, en as hierdie verbod ’n voorloper van die agenda is, moet Suid-Afrika optree om plaaslike bedrywighede en werksgeleenthede te beskerm.”

Dís wat Agri SA van regering verwag:

  • Die regering moet wederkerige maatreëls in werking te stel. 
  • Die regering moet verdere stappe doen wat nodig is om plaaslike boere te beskerm, soos die moontlike opskorting van betalings aan hierdie lande uit die gemeenskaplike inkomstepoel (die fonds wat bestaan uit alle doeane, aksyns en bykomende belastings wat in die gemeenskaplike doeane-gebied ingesamel word) totdat die grense heropen word vir Suid-Afrikaanse kommoditeite.
  • Die departement moet dringend met die landbouhandelsforum vergader. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
+0.7%
Rand - Pond
20.19
+0.1%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,709.66
+0.6%
Silwer
20.95
+1.2%
Palladium
2,315.22
+4.1%
Platinum
925.95
+2.4%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,611
+3.0%
Alle aandele
66,070
+2.9%
Hulpbronne 10
64,192
+4.1%
Industriële 25
79,708
+2.8%
Finansiële 15
14,059
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot