
Agri SA, wat ’n deelnemer aan die tweedaagse nasionale werkberaad in Midrand was, sê hy verwelkom die gees van samewerking om sodoende werkskepping te ondersteun. Agri SA is, as ’n lid van BUSA, betrokke by die Nedlac-proses.
De Villiers sê van die ingrypings waarop gekonsentreer sal word om werkskepping aan te moedig, sluit in die bevordering van die landbou, landbouverwerking en die landbouwaardetting, asook finansiering vir transformasie in die landbou. Daar sal ook probeer word om Suid-Afrikaanse uitvoer te versterk en uit te brei.
“Deur die ingrypings word beoog om 275 000 regstreekse werksgeleenthede per jaar te skep om sodoende die kwessies van werkloosheid, armoede en ongelykheid aan te pak.”
Mnr. Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die besluite van die werkberaad is ’n goeie begin om werkskepping te ondersteun as deel van die breër strategie om ook groei en ekonomiese ontwikkeling te ondersteun.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.