AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

AgriSEB-kode: 'n Boer kan nie tronk toe gaan nie, maar...

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
'n Boer kan nie in die tronk beland of beboet word as hy nie aan die nuwe AgriSEB-kode voldoen nie, maar daar is ekonomiese faktore wat voldoening aanmoedig en afdwing, verduidelik 'n kenner.

Die landboukode behels, soos vantevore, 'n klomp vlakke, elemente, persentasies en punte wat 'n mens se kop laat draai, maar in die ontrafeling daarvan staan'n paar kwessies uit.

Die eerste is dat boerderye of ondernemings met 'n omset van minder as R10 miljoen en minder as 51% swart aandeelhouding outomaties as 'n sogenoemde vlak 4-onderneming, oftewel 100% erkenning van voldoening, erken word, sê mnr. Melcus Nel.

Hy is 'n kenner van strategie en SEB-vereistes, asook direkteur van die Signa-groep. Hy dien saam met dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz, namens dié organisasie op die AgriSEB-handvesraad, waar die kode beding is.

Die sertifikate wat 'n mens vir SEB-nakoming kry, word in agt vlakke uitgereik, met 1 as die hoogste vlak (135% erkenning) en vlak 8 as die minimum vlak (10% erkenning).

Nel sê die persentasie eienaarskap deur swart mense en veral swart vroue speel 'n baie belangrike rol.

Hoewel boere met 'n omset van kleiner as R10 miljoen nie onnodig slapelose nagte oor die landboukode hoef te hê nie, sê Nel enige landbou-onderneming, die kleineres ingesluit, behoort die kode as deel van sy risiko’s te beskou en 'n deeglik risiko- en behoeftebepaling te doen.

Wie koop jou produk?

'n Boer moet homself afvra wie sy produk koop en of die koper in 'n stadium 'n sertifikaat en 'n sekere vlak van voldoening kan vereis.

As 'n ander boer met dieselfde produk op 'n beter SEB-vlak is, beteken dit 'n koper kan daardie boer se produk bo syne verkies.

Dit hét al gebeur dat SEB-vereistes by uitvoerkwotas kan geld as 'n boer 'n uitvoerproduk lewer.

Wat moet jy in gedagte hou?

'n Boer kan nie in die tronk beland of beboet word as hy nie aan die nuwe kode voldoen nie, maar volgens Nel is daar ekonomiese faktore wat voldoening aanmoedig en afdwing:

·        Enigiemand wat met die staat sake wil doen, moet eers 'n SEB-sertifikaat toon voor die staat hom kan betaal. Staatsorganisasies kan spesifieke SEB-vlakke vir tenders of kontrakte vereis. In die toekoms is dit baie moontlik dat SEB-sertifikate vir die toekenning van lisensies, soos waterregte, vereis kan word.

·        Om vir die Departement van Handel en Nywerheid se aansporingskemas in aanmerking te kom, word 'n minimum van 'n vlak 4-sertifikaat vereis. Daarsonder verloor boere en landbou-ondernemings dus dié moontlike vorm van finansiering en ondersteuning.

·        Boere kan onder kommersiële druk kom om 'n SEB-sertifikaat te hê. Genoteerde maatskappye word reeds gedwing om so 'n sertifikaat te hê. Sekere kettingwinkels het reeds hul verskaffers begin vra om 'n plan voor te lê oor hoe hulle van vlak 4 na vlak 3 gaan verbeter. So is daar reeds ondernemings wat primêre produkte by boere koop en wat verskillende pryse betaal na gelang van 'n boer se vlak van voldoening aan die SEB-kode.

“Diegene wat slim is en reeds 'n goeie SEB-vlak het, gaan geleenthede begin raaksien en in die markte begin inbeweeg waar hulle 'n gaping sien.

“Die SEB-kode bied eintlik vir boere geleenthede om uit te brei.

“Niemand sê jy moet jou bestaande plaas weggee nie, maar as jy 'n nuwe plaas wil koop, doen dit dan in vennootskap met swart mense.”

Boere met 'n omset van kleiner as R10 miljoen, wat hul vlak 4-sertifikaat wil verbeter, moet aan die elemente voldoen waaraan middelgroot ondernemings moet voldoen.

Hou Landbou.com en Landbouweekblad dop vir meer berigte oor wat die kode se impak op boere en besighede verduidelik.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot