AFGRI
BEAN
01 Jun
-
9400
0,00
CORN
01 Jun
-
4611
0,00
SOYA
01 Jun
-
7648
0,00
SUNS
01 Jun
-
8048
0,00
WEAT
01 Jun
-
6612
0,00
WMAZ
01 Jun
-
3648
0,00
YMAZ
01 Jun
-
3775
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Agri Securitas bewillig R1,9 miljoen vir landelike veiligheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Michelle van der Spuy
Ter illustrasie. Foto: Michelle van der Spuy
Die Agri Securitas-trustfonds se raad van trustees het verlede week R1,9 miljoen vir die finansiering van landelike veiligheidsprojekte bewillig.

Dit is volgens die fonds egter bloot ’n druppel aan die emmer gegewe die massiewe skaal – en koste – van misdaad in die landbousektor.

Die fonds het 22 aansoeke vanaf boereverenigings in Noordwes, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat ontvang. Luidens ’n verklaring deur die fonds is die behoefte egter oorweldigend. In 2018 alleen het die totale koste van landboumisdaad R7,72 miljard oorskry, met die installering van beveiligingstoerusting ter waarde van R1,9 miljard.

“Die mate waartoe die boerderygemeenskap blootgestel is aan geweld en eiendomsverwante misdaad is ’n groot probleem vir die sektor en het ’n nadelige impak op voedselsekerheid sowel as landbou-investering,” luidens die verklaring.

Mnr. Cobus van Zyl, voorsitter van die Agri Securitas-trustfonds, sê die boerderygemeenskap se veiligheid is ’n voedselsekerheidskwessie. “Die kwesbaarheid van boere- en landelike gemeenskappe is nie bloot ‘n boere-aangeleentheid nie, maar van nasionale belang. Daarom is dit belangrik om by te dra tot boerderygemeenskappe se paraatheid om hulself en hul werkers te beveilig.”

Die Agri Securitas-trustfonds is in 1999 gestig om met die samewerking van plaaslike gemeenskappe en die polisie met die beveiliging van boere en plaaswerkers te help. Sedert sy stigting het die fonds meer as R16 miljoen uitbetaal danksy skenkings van die private sektor.

Van Zyl sê hierdie finansiering vul kritieke tekort aan die staat se polisiëringskapasiteit aan. “Die meeste finansieringsaansoeke wat van boereverenigings ontvang word, was vir die installering of uitbreiding van kamerastelsels. Volgens plaaslike gemeenskappe, is hierdie die suksesvolste meganisme aangesien dit dien as afskrikmiddel en ook help met die opsporing van verdagtes. Die kamerastelsels dek groot dele van landelike gebiede en bied waardevolle inligting met betrekking tot misdaadondersoeke.”

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die organisasie is dankbaar vir Agri Securitas-trustfonds se finansiering, asook die skenkings van korporatiewe instellings en ander belanghebbendes in die private sektor se skenkers. “Ons doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om voort te gaan om die trustfonds te ondersteun ten einde hierdie gaping te vul. Dit is die skenkings wat bydra dat boeregemeenskappe beveilig kan word en voedsel kan produseer sodat ons land se mense kos op die tafel het.”

Van der Rheede rig ook ’n dringende versoek tot mnr. Bheki Cele, minister van polisie, om die doeltreffende toepassing van die landelike beveiligingstrategie te bespoedig. “Dit is die enigste werklike manier om misdaad in boerderygemeenskappe te bekamp, om lewens en besighede te beskerm en om voedselsekerheid vir toekomstige geslagte Suid-Afrikaners te handhaaf.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.76
-0.2%
Rand - Pond
24.55
-0.0%
Rand - Euro
21.10
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.86
-0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
997.47
-1.6%
Palladium
1,376.30
-2.1%
Goud
1,962.03
-0.0%
Silwer
23.53
+0.1%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
69,998
0.0%
Alle aandele
75,068
0.0%
Hulpbronne 10
67,512
0.0%
Industriële 25
102,774
0.0%
Finansiële 15
14,415
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
I am Me!!!! Kok that's the truth.
I have a fiancé - 17 years. I've been alone for a year now! I've been alone that is myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot