AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

AgriSEB-kode: Streng vereistes geld vir middelgroot ondernemings

akkreditasie
Mnr. Melcus Nel. Foto: Verskaf
Mnr. Melcus Nel. Foto: Verskaf
Ondernemings met 'n omset van R10 miljoen tot R50 miljoen per jaar en minder as 51% swart aandeelhouding moet volgens die SEB-kode aan vyf elemente voldoen.

Hiervolgens word bepaal aan watter vlak, tussen 1 en 8, die onderneming vir 'n sertifikaat voldoen.

Só sê mnr. Melcus Nel. Hy is 'n kenner van strategie en SEB-vereistes, asook direkteur van die Signa-groep.

Die minimum aantal punte vir vlak 8 is 40, teenoor die 30 van die vorige kode.

Die vyf elemente wat gemeet word, is eienaarskap, bestuursbeheer, opleiding, ondernemings- en verskaffersontwikkeling, en sosiaal-ekonomiese ontwikkeling.

Drie daarvan is as voorrrang-elemente uitgewys: Eienaarskap, opleiding, en ondernemings- en verskaffersontwikkeling.

'n Onderneming moet minstens 40% van die aantal beskikbare punte in eienaarskap behaal, asook in een van die ander twee voorrang-elemente.

As 'n onderneming nie die vereiste punte in die voorrang-elemente behaal nie, word sy vlak volgens al vyf elemente bereken, maar word hy daarna een vlak afgegradeer.

Eienaarskap

Om die maksimum aantal punte – 25 – hier te kan behaal, moet 'n onderneming se swart eienaarskap 25% plus 1 wees en die swart vroue-eienaarskap 10%.

Om nie afgegradeer te word nie, moet 'n onderneming minstens 10% swart aandeelhouding hê.

Nel sê eienaarskap word aan drie maatstawwe gemeet: die swart eienaars moet stemreg hê, hulle moet 'n ekonomiese belang in die onderneming hê en die netto waarde van hul eienaarskap mag nie nul wees nie.

Laasgenoemde vereiste is bygevoeg om 'n skuiwergat toe te maak.

Nel verduidelik dit met 'n voorbeeld:

'n Eienaar van 'n plaas of ’n landbou-onderneming verkoop 'n belang van 25% teen R25 miljoen aan 'n swart persoon of SEB-organisasie en die transaksie word deur 'n lening van R25 miljoen gefinansier.

Dit beteken die netto waarde wat die swart persoon op dag een ontvang, is nul. So 'n vorm van eienaarskap is kragtens die kode aanvaarbaar mits die koopsom oor 9 jaar afbetaal word, of afgeskryf word.

Aangesien grond 'n belangrike faktor in die landbou is, is hier 'n bepaalde verwysing na grond in die kode.

'n Boerdery of landbou-onderneming kan eenmalig 30% van sy grond aan SEB-begunstigdes verkoop en daardeur 25 punte vir eienaarskap verdien.

Bestuursbeheer

Nel sê die vereistes hier is 'n groot probleem en behoorlike beplanning en opleiding is nodig as 'n onderneming daaraan wil voldoen.

Die meting is ook baie straf en behels byvoorbeeld dat die helfte van die direkteure swart moet wees om 2 punte te verdien.

Daar is wel al landbou-sakeondernemings wat goed daarmee gevorder het.

Opleiding

'n Belangrike wysiging is dat spesifieke bedrae vir opleiding voorheen aan werknemers bestee moes word, terwyl dit nou op enige swart persoon bestee kan word om vir punte in aanmerking te kom.

Om hier die maksimum punt te behaal, moet 'n groot onderneming 6% van sy salarisrekening aan opleiding bestee (vir kleiner ondernemings is dit 3%), 0,3% aan opleiding vir gestremde mense, en 5% van sy getal werkers moet mense in leerling-, internskappe of ambagte wees (1% vir kleiner ondernemings.)

'n Nuwe vereiste oor laasgenoemde is dat die helfte van diegene in leerlingskappe werklose mense moet wees.

Ondernemings- en verskaffersontwikkeling

Nel sê die aandag word hier op aankope toegespits.

“Die vereiste is dat 'n boer of landbou-onderneming 80% van sy aankope moet doen by ondernemings met 'n omset kleiner as R50 miljoen, 51% swart aandeelhouding, en 30% swart vroue as eienaars.

Verder moet ondernemings 3% tot 4,5% van hul netto wins ná belasting aan die ontwikkeling van swart ondernemings en verskaffers bestee.

Dit hoef egter nie regstreekse besteding te wees nie: dit kan in die vorm van mentorskap, toerusting en infrastruktuur, bystand of finansiering wees waaraan daar 'n geldwaarde gekoppel kan word.

So kan ondernemings byvoorbeeld lenings teen spesiale voorwaardes aan swart boere verskaf.

Die begunstigde ondernemings moet minstens 51% swart wees.

Sosiaal-ekonomiese ontwikkeling

Die landbou is die enigste sektor waar dié element se waarde verhoog is: van 5 tot 15 punte.

'n Onderneming moet 1% van sy netto wins ná belasting bestee om 15 punte te kan verdien.

'n Voorwaarde vir die besteding is dat daar eers met die begunstigdes geraadpleeg moet word om hul behoeftes te bepaal en dat begunstigde ondernemings minstens 75% swart moet wees.

NAVRAE: Mnr. Melcus Nel, sel 082 448 0356, e-pos: melcus@signa.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
982.13
-0.3%
Palladium
1,424.44
-1.3%
Goud
1,991.67
-0.1%
Silwer
23.07
-0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot