“Albei spesies is tydens ’n opname op die oostelike helling van die Akkedispas in die Richtersveld versamel,” sê dr. Charles Haddad van die Universiteit van die Vrystaat.
Hy het nuus oor die nuwe spesies in ’n studie in die vaktydskrif Arachnology bekend gemaak.
Namundra murphyi en Platyoides robertsi is onderskeidelik genoem na twee Britte, die spinnekopkundige mnr. John Murphy en die natuurkunstenaar mnr. Michael Robert.