Suid-Afrikaners met die regte landbouvaardighede is al hoe meer gesog as tydelike werkers onder Amerikaanse boere om hulle te help om die jaar se oes af te haal.
Mnr. Tony Katz (65), ’n oudplaasbestuurder van die Hoër Landbouskool Oakdale in die Suid-Kaap, sê omdat hy so baie van homself in die leerlinge by die skool sien, wou hy graag vir hulle die geleentheid gee om te gaan boer, veral vir dié wat nie van ’n plaas af kom nie.
Sy eie pad na Amerika het begin tydens sy landboustudie in veekunde van 1977 tot 1978 aan die Grootfontein-landboukollege op Middelburg in die Oos-Kaap.