
AMT se Agrivooruitskoukonferensie vind vanjaar op 30 September in Pretoria plaas. Dit is die 14de byeenkoms van sy sort en sowat 400 konferensiegangers word verwag.
Vanjaar se sprekers en temas sluit in mnr. Vusi Thembekwayo, strateeg en internasionale motiveringspreker met “Om te lei by die punt van chaos” en mnr. Neil Jacobsohn, futuris, met “Wêreldtendense van die toekoms en die SA landbousektor” en “Om te floreer in die perfekte storm en geleenthede te vind in 'n wêreld met radikale veranderinge”.
Mnr. Mike Schüssler sal die onderwerp “Ekonomiese vooruitskouing: Plaaslik en Internasionaal 2015” en “Vooruitsigte vir hoër en volhoubare ekonomiese groei op die mediumtermyn” bespreek. Mnr. Daniel Silke, ‘n politieke ontleder, se onderwerp sal wees “In watter mate gaan politieke uitslae in 2014 die SA landbousektor beïnvloed in 2015”.
Klimaatsveranderlikheid en klimaatsverandering in die landboukonteks sal deur mnr. Johan van den Berg van Santam Landbou bespreek word en mnr. Ernst Janovsky van ABSA Agribesigheid se tema sal wees “Die globale en SA-vooruitskouing vir die aanbod en vraag na grane, oliesade en lewendehawe”.
‘n Paneelbespreking wat onder meer besprekingspunte soos “Hoe SA-sektore beïnvloed sal word post-verkiesing 2015” en “Die grondhervormingskwessie en die invloed op voedselsekuriteit in die toekoms van Suidelike Afrika” dek. Die panel bestaan uit mnre. Japie Grobler, bennie van Zyl, Louw Steytler, Mike Schüssler, Daniel Silke en Jeremy Marillier met me. Ruda Landman as sameroeper.
Mnr. Philip Lymbery sal “Farmageddon: The true cost of cheap meat - the dark side of the global food system” bespreek. Mnr Lymbery is van Compassion in World Farming en is van die Verenigde Koninkryk afkomstig.
Die dag word afgesluit met ‘n tradisionele braai, met gaskunstenaars en ‘n prystrekking.
Die konferensie beloof om ‘n uitstekende netwerkgeleentheid wees vir konferensiegangers en daar is nog verskeie borgskappe beskikbaar, asook uitstalruimtes. Produsente, produsente-organisasies, agribesighede, banke, kleinhandel, universiteite en regeringsbesluitnemers word hartlik uitgenooi om by te woon.
Borge van die konferensie is:
Landbouweekblad
Nedbank Beperk
Senwes Beperk
Land Bank
McCain Foods
NWK Beperk
Santam Landbou
AFGRI
Landbou Radio
Orange River Cellars
PwC
Farm IT Solutions
Monsanto SA
Proteïen Navorsingstigting Oliesade Advieskomitee Farmer’s Weekly Tonneau KING Unitrade 826 & BB Hatfield Nissan Kontak Michelle Bornman by die AMT- kantoor op 012 361 2748012 361 2748 met enige navrae. Besprekings moet die AMT-kantoor nie later as 15 September 2014 bereik nie.