AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

ANC en EFF haaks oor onteieningswysigings

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die ANC en die EFF kon nog nie konsensus bereik oor drie belangrike kwessies in die voorgestelde wysigings op artikel 25 van die Grondwet nie.

Dit is die voorstelle van die EFF dat die staat die voog van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne, insluitend grond, moet wees en die verwydering van 1913 as afsnydatum vir die eis van ontneemde grond. Op sy beurt stel die ANC voor dat die howe nie ’n rol moet hê by die bepaling van die vergoedingsbedrag nie.

Die sperdatum vir die ad hoc-komitee wat wysigings moet opstel vir die 18de wysigingswetsontwerp op die Grondwet – om onteiening met nulvergoeding vir die doeleindes van grondhervorming duidelik daarin te skryf – sal die nasionale vergadering vir ’n vierde keer uitstel vir nog ’n maand. Dit is omdat komiteelede van die onderskeie politieke partye nie op alle punte van die wysigings kan ooreenkom nie.

Die EFF was vroeër ook haaks met die parlementêre regsdienste oor wat presies die mandaat is, en of die komitee die reg het om na artikel 25 as geheel te kyk en nie net sekere klousules nie. Die parlement het die komitee tot 31 Mei 2021 gegee om die wysigingswetsontwerp te voltooi.

Dr. Matole Motsekga, voorsitter van die komitee, het gesê hy meen dit is nie nodig om vir langer as 30 dae uitstel te vra nie, want die uitstaande kwessies is nie baie of kompleks nie. Sommige politieke partye het reeds nader aan mekaar beweeg rakende hul posisies. As die 30 dae uitstel toegestaan word, val dit saam met die parlement se reses vir kiesafdelingwerk. Die komitee sal die nasionale vergaering ook vir ’n spesiale sitting vra wanneer hy sy werk voltooi het vir die goedkeuring van die wysigingswetgewing en die komiteeverslag.

Konsensus ontbreek

Die EFF wil grond onder voogdyskap van die staat plaas en 1913 verwyder as afsnydatum.

Adv. Charmaine van der Merwe, parlementêre regsadviseur, het aangedui dat die insluiting van die voorstel oor voogdyskap dui nie duidelik aan of dit geregistreerde eienaarskap van grond raak nie. Daar kan kommer wees rakende voldoening aan die basiese leerstelling van die struktuur as dit die bedoeling is. Sy het uitgewys dat regsdienste het tyd nodig om die versoek te oorweeg en dat die komitee ook alternatiewe regsmenings hieroor kan inwin. Die voorstel van die byvoeging sal ook vir openbare insette gepubliseer moet word en die komitee sal die nasionale vergadering moet nader om die omvang van die wysigingswetsontwerp uit te brei.

Die voorstel rakende die verwydering van 1913 as afsnydatum sal ook eers vir openbare kommentaar gepubliseer moet word en die nasionale vergadering sal die omvang van die wysigingswetsontwerp moet uitbrei.

Rakende vergoeding betaalbaar by onteiening, het die EFF voorgestel dat die hele subartikel wat voorsiening maak vir vergoeding by onteiening geskrap moet word.

Die ANC het voorgestel dat die hof nie die nulvergoedingsbedrag moet bepaal wanneer grond onteien word vir die doel van grondhervorming nie. Vir hierdie voorstel sal ook eers openbare kommentaar ingewin moet word.

Adv. Sello Ramasala, die hoof van regsdienste vir grondhervorming en landelike ontwikkeling, het vroeër in die mondelinge kommentare aan die komitee uitgewys dat die huidige onteieningsproses problematies en duur is en dat hulle aan die genade van grondeienaars oorgelaat is rakende die bedrag vir vergoeding. Hy het aanbeveel dat die howe nie ’n rol moet hê by die bepaling van vergoeding nie, maar slegs dispute moet hanteer.

Kommer

Die DA het sy kommer uitgespreek omdat die verlenging van 30 dae aangevra is omdat die ANC en die EFF nie konsensus kan bereik rakende nie “ekstreme bepalinge” wat hulle probeer om in die wysiging in te smokkel. Dr. Annelie Lotriet, voorsitter van die DA se parlementêre koukus, het gesê die stilstand is heeltemal onnodig en kon voorkom gewees het as die ANC nie ingegee het vir die populistiese aanblasing en die bring van die ondeurdagte wysiging van die Grondwet na die parlement nie. 

Lotriet het gesê uit die pogings om bepalings in te voeg dat die hof nie ’n rol moet speel in kwessies rakende die onteiening van private eiendom nie, is die ad hoc-komitee eintlik besig is om die parlement se grondwetlike rol te oorskry, want hy kan nie aan die regbank voorskryf wat hy mag doen of nie mag doen nie. Die DA sal voortgaan om die verwatering van die rol van die howe teen te staan. Hy is steeds sterk gekant teen die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, want dit maak reeds ruim voorsiening vir grondhervorming.

Inwin van regsadvies

Mnr. Willem de Chavonnes Vrugt, voorsitter van Agri SA se afdeling vir grond- en regsake, het gesê Agri SA is gekant daarteen dat die rol van die howe in onteieningsdispute afgeskaal word, soveel te meer wanneer daar sprake is van onteiening sonder vergoeding. Die voorstel oor staatsvoogdyskap oor grond is absoluut skrikwekkend. Dit sal ’n skokgolf deur die landbousektor stuur.

Agri SA is reeds besig om regsadvies oor die jongste voorstelle in te win. Voogdyskap van grond sal alle private grondeienaars ontneem van hul eiendomsreg sonder vergoeding en beheer oor alle private grond aan die staat gee. Dit is ’n resep vir ’n ekonomiese en humanitêre ramp en ’n uitnodiging vir grootskaalse korrupsie, het Chavonnes Vrugt gesê.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na mevrou reg
Ek soek iemand om mee te deel en cuddle liefdevol en sosiaal wil wees saam my en saam my will groei
Jy lewe net eenkeer kom maak die beste daarvan
Vriendelike lewenslustige weduwee wat graag nuwe mense wil ontmoet. Hou van dans en die natuur en soms net rustig wees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot