AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

ANC se beleidsomgewing stuur af op chaos – TLU SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bennie van Zyl. Foto: Nico van Burick
Mnr. Bennie van Zyl. Foto: Nico van Burick
Die ANC se beleidsomgewing het te duur geword vir Suid-Afrika met net 6 miljoen mense wat belasting betaal, sê die TLU SA.

Die ANC se beleidsomgewing het te duur geword vir Suid-Afrika se inwoners met 27,8 miljoen mense aan wie maatskaplike toelaes uitgedeel word en net 6 miljoen mense wat belasting betaal, sê TLU SA in ’n inligtingstuk oor die ANC se transformasie-agenda en die pad vorentoe.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder, het op ’n media-geleentheid die organisasie se standpunte oor regeringsbeleid verduidelik en gesê jaarliks styg werkloosheid en armoede, en die regering se oplossing is net om meer maatskaplike toelaes uit te deel. “Logies moet die volhoubaarheid van hierdie model bevraagteken word.

“Die toekenning van die toelaes kan nie net stopgesit word nie, want dan is daar chaos. Die enigste volhoubare oplossing is dat die ekonomie moet groei, maar intussen stroom kapitaal teen ’n ongekende koers uit Suid-Afrika weens ’n gebrek aan vertroue in dit wat hier aan die gang is. Die dinge wat nodig is om groei moontlik te maak, word juis nek omgedraai deur die regering se beleid.”

Van Zyl het gesê die regering gebruik die woord transformasie om sy sosialistiese agenda te bevorder. “Die ANC is inderdaad reeds besig in die praktyk met ’n omskakeling na sosialisme gegewe die onrealistiese uitbreiding van die getal mense wat van toelaes afhanklik is. Binne die transformasie-agenda verpak hulle aspekte soos swart ekonomiese bemagtiging, gelyke indiensneming, kader-ontplooiing, grondhervorming, onteiening sonder vergoeding en vele meer.”

Hy het gesê die ANC hou in die praktyk mense gevange met maatskaplike toelaes en die beskikbaarstelling van sogenoemde HOP-huise, wat inderdaad staatsgeld is, om vir hom as politieke party te stem. Vir meer as 10 jaar word die ANC al gevra hoekom hy nie aan die bewoners titelaktes gee nie, sodat die huise kan dien as kapitaal in die vorm van kollateraal nie.

Hy het gewaarsku as die ANC-beleid gaan seëvier, gaan die armstes van die armes die meeste daaronder ly en Suid-Afrika kan dit nie bekostig nie.

Multi-kulturele federalisme

Hy het gesê die vraag kom baie na vore of daar nie eerder na ’n multi-kulturele federalisme gekyk moet word waarbinne elke bevolkingsgroep na eie sake omsien sonder om ingedwing te word in ’n bestel wat noodwendig op konflik gaan afstuur nie. Verskeie bevolkingsgroepe se leiers is ten gunste daarvan, maar hulle word gevange gehou deur staatstoelaes.

Wat die landbou betref, glo hy dit is die grootste bate wat ’n land kan hê, want dit is boere wat sorg dat daar kos op die tafels is. In Suid-Afrika ervaar die landbou egter ’n afwesige of onvriendelike regering. Buiten diskriminerende praktyke waar die landbou anders as ander sektore van die ekonomie hanteer word – soos met verblyfreg op grond – ervaar boere as prysnemers ’n verskeidenheid heffings en uitgawes soos grondbelasting, minimum lone, waterheffings, brandstofstygings in planttyd en vele meer.

“Ons sit byvoorbeeld met ’n regering wat in die tyd van covid-19 gesê het hy gee R2 miljard vir boere om seker te maak ons het voedselsekerheid. Die boere wat die geld gekry het, is dié wat 3% van die land se kos produseer. Dit was niks anders as ’n stemkopery nie.”

Van Zyl het gesê ook veiligheidstoestande op plase is buite beheer. “Nie net is daar die bedreiging van aanvalle en moorde nie, maar ook die plundering van produkte, insetmiddele en toerusting. Indien teen misdadigers opgetree word, word vinnig vals klagte teen die boer gelê met gewoonlik inhegtenisnemings en ’n stryd om borgtog wat volg.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.27
+1.1%
Rand - Pond
21.07
+1.0%
Rand - Euro
18.16
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.62
+0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Goud
1,777.21
+0.5%
Silwer
22.43
+0.8%
Palladium
1,861.28
-0.9%
Platinum
1,001.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,485
-0.1%
Alle aandele
74,643
-0.1%
Hulpbronne 10
74,149
-0.9%
Industriële 25
91,399
-0.1%
Finansiële 15
15,764
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese pa en man wat jou lewe wil opkikker
Ek is betroubaar met 'n oop uitgaande persoonlikheid, hiu van die buite lewe en natuur met die see sand onder my voete
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot