AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

ANC skiet EFF-mosie af oor onteiening

Die ANC het die EFF se aanbod vir onteiening sonder vergoeding in die Nasionale Vergadering afgeskiet.

Die ANC sal nie die 6% pasella steun wat die EFF aanbied, omarm om te verseker dat wysingings aan die eiendomsklousule in die Grondwet gemaak word om grondhervorming sonder vergoeding te verwesenlik nie.

Die EFF se mosie rakende sy soeke vir onteiening sonder vergoeding kom nadat mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, dit duidelik gemaak het dat ondersoek gedoen moet word na die moontlikheid om ’n enkele wet te ontwikkel sodat restitusie sonder vergoeding kan plaasvind.

Luidens die mosie moet erken word dat Afdeling 25 (1) van die Grondwet, wat private eiendomsreg beskerm, die middelpunt van die huidige krisis rakende die oplossing van die grondkwessie is.

Eiendomsklousule

Die mosie stel ook voor dat die Parlement ’n ad hoc-komitee op die been moet bring om die eiendomsklousule in die Grondwet te wysig om dit vir die staat moontlik te maak om grond ten gunste van openbare belang sonder vergoeding te onteien.

Die Nasionale Vergadering het met 261 stemme téén die mosie gestem. Slegs 33 het ten gunste daarvan gestem terwyl twee LP’s buite stemming gebly het. Die PAC, APC en die UDM het die mosie van die EFF gesteun.

Mnr. Julius Malema, Leier van die EFF, het gesê dat die mosie swart mense in die land wil verenig en dat daar saamgestaan moet word om dit te vermag. Hy het ook uitgewys dat die land die enigste een is wat beweer hy het ’n rewolusie gehad, maar niks het verander nie.

Wie die grond besit

“Minder as 10% van die bevolking besit byna 75% van die land se grond.” Diegene wat die grond besit bestaan volgens hom uit individue, trusts en maatskappye," het hy gesê.

Mnr. Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, wat belas is met die Wetsontwerp op Onteiening, het dit duidelik gestel dat Artikel 25 nie as ’n albatros om die nek gesien word nie. Artikel 25 is radikaal en kan nie blameer word vir die stadige pas van grondhervorming nie.

Dit voorsien vir onteiening in openbare belang en dit definieer openbare belang as die nasie se verbintenis tot grondhervorming en hervormings om almal gelyke toegang vir die land se natuurlike hulpbronne te gee en ook dat eiendom nie net tot grond beperk word nie.

Cronin verdedig Grondwet

Hy het benadruk dat die Grondwet verdedig moet word teen moontlike onbedoelde gevolge soos grondvergrype deur ’n groepie elite wat dit in die naam van openbare belang doen.

Me. Phumuzile Ngwenya-Mabila, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, het sonder om doekies om te draai die EFF se mosie afgeskiet.

“Ons weet wat die geskiedenis is van hoe die grond onteien is. Ons weet ook hoe ons dit gaan hanteer. Ons sal nie voorgesê word wat om te doen nie. Ons is met niemand in verbandskap nie. Ons is ’n regerende party en ons as die ANC stem saam dat die grondhervormingsproses stadig is.”

Sy het gesê onteiening sonder vergoeding is ongrondwetlik en Suid-Afrikaners moet die Grondwet respekteer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Groot beer met n sagte hart
Ek is n sagte mens en respekteer n vrou, ek is baie romanties en hou van spoil. Ek is loyal teenoor my regte pasmaat
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot