Die anargie wat daarop gevolg het, der miljoene se infrastruktuur wat in KwaZulu-Natal en Gauteng, en later ook in die Oos-Kaap, in vlamme opgegaan en in winkeltrollies verdwyn het, plaas ’n demper op die oorwinning van die oppergesag van die reg.
Dít is wat gevier en ontleed moes word en op skerms moes verskyn; nié beelde van uitgebrande vragmotors met verwerkte plaasprodukte op pad na supermarkte of uitvoerprodukte na ’n hawe nie.
Ná jare van volgehoue druk, wetteloosheid deur ’n klein maar kragtige faksie en skaamtelose systappogings van die een verlof-tot-appèlbeslissing na ’n volgende, was die slaak van verligting hoorbaar toe die strafregstelsel eindelik ’n glashelder boodskap uitgestuur het.