AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8529
-33,00
CORN
17 Aug
-
4015
-47,00
SOYA
17 Aug
-
8705
-40,00
SUNS
17 Aug
-
10912
59,00
WEAT
17 Aug
-
6890
6,00
WMAZ
17 Aug
-
4320
-34,00
YMAZ
17 Aug
-
4235
-17,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Ankolebul vir rekordprys opgeveil

akkreditasie
Die bul, A12 36, soos afgeneem in die veilingskatalogus. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Die bul, A12 36, soos afgeneem in die veilingskatalogus. Foto: Gerrit Bezuidenhout
’n Ankolebul van Twin City Game Breeders is vir ’n nuwe nasionale rekordprys van R3 miljoen verkoop op die eerste nasionale veiling van die Ankole-telersgenootskap.

Dit is meer as dubbeld die vorige rekordprys van R1,8 miljoen vir ’n beesbul wat in 2018 vir die Bonsmarabul LAR 14 173 betaal is. 

Die koper van die Ankolebul is mnr. Pieter Ernst (sr.) van Bona Bona Gamebreeders naby Wolmaransstad. Die bul, A12 36, is net meer as agt jaar oud en beskik oor horinglengtes van 45 duim (links) en 44 5/8 duim (regs). ’n Duisend strooitjies van A12 36 se saad is gratis saam met die bul op die veiling aangebied.

Die veiling is by die Bullring-veilingshuis van die broers mnre. Simeon en Jarren Hurwitz naby Davel in Mpumalanga gehou. Dit is onder andere bygewoon deur pres. Cyril Ramaphosa en sy swaer, die sakeman en mynmagnaat dr. Patrice Motsepe. Motsepe was een van die bieërs wat om A12 36 meegeding het.

Jy kan 'n video van dié transaksie hier kyk.  

Ramaphosa het in sy hoedanigheid as voorsitter van die nuut gestigte Ankole-telersvereniging gesê die eerste nasionale Ankoleveiling is ’n geskiedkundige geleentheid om die vestiging van ’n nuwe beesras in Suid-Afrika te vier. Ramaphosa was self ’n rolspeler om die eerste Ankolebees-embrio’s met die hulp van dr. Morné de la Rey, stigter van Embryo Plus, van Uganda na Suid-Afrika te bring. Belangstellende telers het sedertdien hul eerste Ankolebeeste by Ramaphosa se Thaba Nyoni-stoetery buite Badplaas in Mpumalanga aangekoop en self met Ankolebeeste begin teel.

Die telersvereniging het sy eerste joernaal tydens die veiling bekend gestel en sy raad aangekondig. “Elke ras wat vir stoetdoeleindes aangewend word, moet sy eie joernaal hê en ons is baie trots om ’n joernaal van hoogstaande gehalte beskikbaar te stel. Vir ons is dit ’n ikoniese dokument vir enigiemand wat ’n Ankoleteler wil wees. Ons vier ook die wetenskaplike innovasie met die vestiging van die Ankole in Suid-Afrika vanuit Uganda deur die gebruik van wetenskaplike innovasie om embrio’s hierheen te bring. Ons vier die kennis van ons wetenskaplikes en veral die vaardigheid van dr. De la Rey en sy baanbrekerswerk om dié beesras na Suid-Afrika te bring,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het ook ’n toekenning oorhandig aan De la Rey se dogter, Je-Miné de la Rey (14), ’n leerling aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria, wat ’n metode ontwikkel het om die ouderdom van Ankolebeeste te bepaal (intekenare kan hier meer daaroor lees. Die artikel is in die Landbouweekblad van 29 April gepubliseer).

De la Rey het aan Landbouweekblad gesê sy het besef die ringe op Ankolebeeste se horings kan hul ouderdom aandui. Die aanvaklike gedagte het by haar posgevat nadat sy gedink het aan die ringe op seeleeus se tande wat hul ouderdom kan aandui. “Hoewel voeding en klimaatsomstandighede ’n rol kan speel, is die duimreël dat die aantal ringe plus drie – omdat die eerste ring op drie jaar op die horings verskyn – ’n betroubare aanduiding van die Ankolebees se ouderdom kan wees.”

Ramaphosa het die eerste Ankoletelers in Suid-Afrika geloof vir hul moed om in ’n nuwe beesras te belê. “Ons weet nie hoe die mark op die nuwe beesras gaan reageer nie, maar dit is hierdie baanbrekers, die telers, wat bereid was om in die ras te belê en die risiko’s te dra. Hulle het dit moontlik gemaak om die Ankole-telersvereniging te stig. Dit was ’n wonderlike pad wat ons tot dusver gestap het en ons is baie trots op wat bereik is.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.68
-1.8%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,762.18
-0.8%
Silwer
19.73
-2.0%
Palladium
2,139.50
-1.0%
Platinum
925.00
-1.4%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.3%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurmens
Ek is n natuur mens wat hou van die buitelewe. Ek is n God's kind. Baie lojaal en liefdevol. Ek is hou van gesels en romanse
Twee halwes maak een!
Eks lewenslustig, betroubaar, hardwerkend (een man vrou) energiek en hou van uitdagings. Ek hou van kosmaak, diere, mense en kinders. Eks n netjiese vrou en kyk mooi na myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot