AFGRI
BEAN
26 Me
-
9774
78,00
CORN
26 Me
-
4526,4
41,40
SOYA
26 Me
-
9226
149,00
SUNS
26 Me
-
11025
155,00
WEAT
26 Me
-
7546
-20,00
WMAZ
26 Me
-
4555
43,00
YMAZ
26 Me
-
4653
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Antibiotika nie in Suid-Afrika verbied

akkreditasie
Dr. Moritz van Vuuren. Foto: Charl van Rooyen
Dr. Moritz van Vuuren. Foto: Charl van Rooyen
Die gebruik van antibiotika in die dierebedryf gaan nie in Suid-Afrika verbied word nie, ondanks druk vanuit verskeie oorde weens weerstand teen sulke middels, sê dr. Moritz van Vuuren, direkteur van die voedselveiligheids- en sekuriteitsportefeulje van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad.

Die gebruik van groeibevorderaars om voerkraaldiere vinniger te laat groei, gaan egter vorentoe uitgefaseer word.

Antibiotika word by die voer en water van produksiediere gevoeg, veral op intensiewe produksieplase, om diere te beveilig en verspreiding van siektes te voorkom.

Van Vuuren het op die vereniging van veevoervervaardigers (Afma) se Forum 2020 by Sun City gesê antibiotika is noodsaaklik vir dierewelsyn en voedselsekerheid. Indien dit verbied sou word, sal dit die risiko vir siektes verhoog.

Bakteriese weerstand teen antibiotika was die afgelope twee dekades wêreldwyd in die soeklig om die aandag op die bestuur van antibiotika te vestig, “maar ondanks al die waarskuwings het die aksie om weerstand aan te vat, nie die skaal van die bedreiging geëwenaar nie”.

Benewens oormatige gebruik dra ander faktore tot weerstand teen antibiotika by, wat insluit die maatskaplik-ekonomiese ongelykheid met gepaardgaande higiënekwessies in baie wêrelddele, swak voorskrifte, gebrek aan nasionale netwerke wat weerstand waarneem en onvoldoende beheergeriewe.

Van Vuuren het gesê moontlike gevolge vir dierevoedingvervaardigers is dat daar voortaan van hulle vereis kan word om antibiotika onder toesig van ’n veearts te gebruik. Oor-die-toonbank-verkope sal dan nie langer toegelaat word nie. Die doelwit is om die oormatige gebruik of ontoepaslike aanwending van antibiotika te voorkom. Dit impliseer egter nie die verwydering van of verbod op huidige, geregistreerde diererantsoene wat antibiotika bevat nie.

Die behoefte aan antibiotika kan verminder word deur dieregesondheid met doeltreffende sanitasie en higiëne te verbeter, infeksies te voorkom, biosekerheid te verskerp en inentingsprogramme optimaal uit te voer. Biosekerheid behels onder meer die beheer van besoekers, ontsmetting van voertuie en instandhouding van heinings.

Van Vuuren het aan Landbouweekblad gesê groeibevorderaars gaan uitgefaseer word. Hy weet egter nie wanneer dit sal gebeur nie, omdat nuwe regulasies oor die gebruik van veemiddels eers deur die staat opgestel en gepubliseer moet word.

Groeibevorderaars is reeds in talle lande uitgeskakel, soos in Amerika en sommige Afrikalande soos Kenia.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.72
+0.1%
Rand - Pond
19.81
-0.1%
Rand - Euro
16.86
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,851.05
-0.1%
Silwer
22.01
+0.1%
Palladium
2,021.51
+0.6%
Platinum
948.50
+0.1%
Brent-ruolie
114.03
+0.4%
Top-40
63,019
+2.9%
Alle aandele
69,484
+2.7%
Hulpbronne 10
76,495
+2.7%
Industriële 25
75,125
+3.3%
Finansiële 15
15,846
+2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Live Every Moment while enjoying it💥
I love to laugh. any adventure. dare and done. Honesty is important. Hate lies. will caught up with you. Know who I am and live life to the fullest. Very deep and soft hearted....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot