AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Armer verbruikers spaar selfs op hoendervleis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hoendervleis word verpak. Foto: Johannes J Demper
Hoendervleis word verpak. Foto: Johannes J Demper
Anders as elders ter wêreld word minder hoendervleis per persoon nou in Suid-Afrika geëet.

Mnr. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die braaihoenderorganisasie van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV), skryf dit toe aan werkloosheid en verbruikers se onvermoë om meer vir hoendervleis te kan betaal.

Hy het pas die internasionale pluimveeraad (IPC) se jaarkongres in Bordeaux, Frankryk, bygewoon en sê Rabobank se syfers toon dat die wêreldverbruik per persoon stabiel bly.

China en Indië is groot verbruikers van hoendervleis en Indië se bevolkingsgroei gaan China s’n na verwagting verbysteek. Breitenbach sê die internasionale vraag na hoendervleis sal dus bly styg.

Sowat 140 verteenwoordigers van oor die hele wêreld – onder meer Denemarke, Colombia, Paraguay en die grootste uitvoerland, Brasilië – het die kongres bygewoon.

Die oorlog in Oekraïne en die gepaardgaande stygende inflasie se uitwerking op verbruikers is onder meer bespreek. “Veral die skerp styging in gaspryse is ’n probleem. Daar is kommer dat laerinkomstegroepe nie in die winter verhitting sal kan bekostig nie. Dit het natuurlik ’n groot uitwerking op die hoenderbedrywe in die betrokke lande, omdat die hokke in die winter warm gehou moet word.”

’n Ander groot besprekingspunt by die kongres was druk op verbruikers in die Westerse wêreld om minder vleis te eet. “Die stelling is gemaak dat die hoenderbedryf goed geposisioneer is ten opsigte van sy koolstofspoor en as ’n mens verantwoordelik vleis wil eet, is hoendervleis die beste keuse. Die IPC gee aandag aan die kwessie in die media.” 

Knyptang

Wêreldwyd kan hoenderprodusente nie die groot styging in insetkoste heeltemal na verbruikers deurgee nie en in Suid-Afrika is dit, weens verbruikers se dalende bestedingsvermoë, ’n nog groter probleem.

Die stygings in pryse van grondstowwe, kunsmis en energie het ’n groot uitwerking op produsente. “Daar is geen oplossing beskikbaar vir dié koste nie en dit het ’n groot uitwerking op inflasie in die algemeen, asook op besteebare inkomste.

“Daar is nie enige goedkoop voeralternatiewe nie. Ons sal moet wag dat die makro-ekonomie ten opsigte van grondstowwe verander, sodat pryse kan daal.”

Ander lande se produsente kry nie direkte hulp vanaf regerings ten opsigte van voer-, energie- en kunsmiskoste nie, maar Breitenbach sê wat produsente in veral onder meer die Europese Unie, Amerika en Brasilië help, is dat hulle vergoed word vir voëlgriepuitbrekings. “In Suid-Afrika gebeur dit nie en dit maak ons las soveel swaarder.” 

Voëlgriep

Breitenbach sê daar is internasionaal groot kommer dat voëlgriep endemies raak. Lande volg nog nie ’n beleid om in te ent nie, maar einde vandeesmaand word ’n internasionale kongres gehou waar inenting spesifiek bespreek sal word. Dit sal deur maatskappye, staatsorganisasies en bedryfsverteenwoordigers bygewoon word.

“Al die lande ter wêreld volg ’n strategie om voëls van kant te maak. Sou ’n trop positief toets vir die siekte, word al die hoenders van kant gemaak totdat die streek vir 28 dae weer negatief toets.”

Lande wat hoendervleis invoer, plaas ’n verbod op invoer uit lande waar daar voëlgriepuitbrekings is omdat hulle bang is die virus word ingevoer.

“Die gesprek oor inenting gaan nie soseer oor watter entstof gebruik moet word nie, maar eerder hoe handel sou plaasvind as ons inent. Die sluiting van landsgrense weens voëlgriep is ’n gerieflike sanitêre en fitosanitêre skans teen invoer.”

Handel bly ’n warm besprekingspunt. In Europa is invoertariewe op hoendervleis uit Oekraïne, weens die oorlog daar, opgehef. “Dit krap lande om, want daar is ’n rede vir die tariewe. Dit blyk dat groot dele van Oekraïne nie deur die oorlog geraak word nie en dat produksie en uitvoer van daar af plaasvind.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.29
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.92
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
-1.2%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Glimlag en voed jou Siel.
As jy nog opgewonde is oor die lewe, aktief is en lief is vir jouself, moet ons ontmoet. Ek is afgetree maar doen nog kontrak werk. Ek is redelik aktief. Ry gereeld fiets. Stel...
Kom ons kyk wat gebeur
Dit is so moeilik om jouself te beskryf. Ek kan jou wel se jy sal nooit weer iemand soos ek ontmoet nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot