AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8110
232,00
CORN
27 Jan
-
3800
61,00
SOYA
27 Jan
-
8020
132,00
SUNS
27 Jan
-
9799
55,00
WEAT
27 Jan
-
5990
2,00
WMAZ
27 Jan
-
3540
30,00
YMAZ
27 Jan
-
3770
33,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Artikel 25 van Grondwet word nie gewysig nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Anton Alberts
Foto: Anton Alberts
Artikel 25 van die Grondwet gaan nie gewysig word sodat onteiening met nulvergoeding duidelik daarin geskryf kan word nie.

Die ANC kon nie in die nasionale vergadering ’n meerderheid van twee derdes kry om artikel 25 van die Grondwet te wysig sodat onteiening met nulvergoeding duidelik daarin geskryf kan word nie. Altesaam 204 stemme was ten gunste en 145 stemme was gekant teen die wysiging.

Die DA, VF Plus en ACDP het van die begin af nie die wysigingswetgewing gesteun nie.

Die EFF, wat aanvanklik die mosie vir ’n wysiging in die nasionale vergadering voorgestel het, het vroeër vanjaar aangedui hy gaan nie sy stem aan die ANC gee nie. Die rede hiervoor is omdat die ANC die EFF se voorstelle afgeskiet het dat die staat die voog van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne, insluitend grond, moet wees en dat die hele subartikel 3 wat voorsiening maak vir die bedrag, tyd en manier van vergoeding, verwyder moet word.

Mnr. Julius Malema, leier van die EFF, het in die debat op die 18de wysigingswetsontwerp op die Grondwet (B18 van 2021) dit duidelik gestel dat die ANC die EFF se voorstelle afgekeur het en dus die status quo van wit grondeienaars wil behou. Hy het gesê die proses vir die wysiging is deur die regsdienste van die parlement gekaap.

Malema het ’n beroep op die massas gedoen om die kwessie in hul eie hande te neem en alles te doen wat hulle kan om hul grond terug te kry, want pogings om dit te bekom deur die parlementêre proses is gekaap deur die ANC en sy hanteerders. Hy het gesê dat as die EFF nie die meerderheidsparty word nie, sal die massas grondloos bly.

Toekomsplanne

Die ANC-koukus in die parlement het reeds gesê dit maak nie saak as die wysigingswetgewing nie deurgevoer word nie, want grondhervorming – en in besonder herverdelingsprogramme vir grond en ook daardie programme wat die grondhonger en ondersteuning daarvoor aanpak – sal voortgaan deur beleid, programme en verdere opgestelde wetgewing wat na die parlement gebring sal word.

Die koukus is dit eens dat terwyl die hoofrede waarom die ad hoc-komitee in 2019 gestig is, steeds onvervuld is, naamlik om dit wat implisiet in die Grondwet is, duidelik te maak (om onteiening met nulvergoeding duidelik in die Grondwet te skryf), maak dit die deur oop vir die wysigingswetsontwerp op onteiening, die afgewagte wetsontwerp op die herverdeling van grond en die wysigingswetsontwerp op die opgradering van grondbesit.

“Niks is verlore nie, dit verg net ’n nuwe manier om te laat realiseer wat die Grondwet voor voorsiening maak.”

Die ANC het dit duidelik gestel dat hy nie daartoe sal instem dat voogskap van die staat met betrekking tot die land se grond die enigste vorm van grondbesit sal wees nie. “ANC-beleid sien dat eienaarskap van die staat en voogdyskap van die staat langs private eienaarskap van grond en kommunale grondeienaarskap bestaan.”

Die ANC verduidelik die wysiging wat hy voorgestel het dat “die staat die voog van sekere grond vir die doeleindes van grondhervorming en in openbare belang moet wees”, erkenning gee aan bestaande en toekomstige voogdyskap as deel van die grondhervormingsproses en oorgangsfase van die herverdeling van grond aan die mense. Die staat as voog sal die grond hou wanneer dit bekom is deur ontneming en onteiening waarna dit aan die begunstigdes vrygestel word.

Magsoekers

In die debat wat die stemmery voorafgegaan het, het dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die ad hoc-komitee, gesê dat die wysigingswetgewing ten doel het om die oorspronklike sonde wat teen die groot meerderheid landsburgers gepleeg is, om te keer. “As julle nie ten gunste van die wysigingswetgewing stem nie, hoe gaan julle die grond aan die mense herstel?”

Hy het hom sterk uitgespreek oor partye wat in “onheilige koalisies” is wat dink hulle kan mag wen deur nie saam met die ANC vir die aanvaarding van die wysigingswetgewing te stem nie. Hy het benadruk dat die ANC in beheer is en dat daar ander instrumente is wat gebruik sal word om te verseker dat mense van Suid-Afrika toegang tot grond sal kry.

“Ons is nie bekommerd oor diegene wat nie die wysigingswetgewing ondersteun nie. Met of sonder hulle sal die ANC steeds seker maak dat grond aan die mense beskikbaar gemaak word. Die driedubbele kwessies van armoede, ongelykheid en werkloosheid sal voortduur as grond nie beskikbaar gemaak word nie en morele degenerasie en maatskaplike euwels sal voortduur.”

Agtergrond

Die ANC het op sy 54ste nasionale konferensie in 2017 ’n resolusie aanvaar dat onteiening van grond sonder vergoeding een van die meganismes is wat die staat tot sy beskikking het om grondhervorming en die herverdeling van grond te verwerklik ten einde maatskaplik-ekonomiese transformasie in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Die beleidsvoorstel het ’n werklikheid geword toe dit in Februarie 2018 by die parlement as ’n gewysigde mosie ingedien is en ’n ad hoc-komitee gevorm is om die moontlikheid van ’n grondwetlike wysiging te ondersoek. In 2019 het die sesde demokratiese parlement dit verder gevoer deur ’n mosie te aanvaar dat ’n ad hoc-komitee gestig moet word wat wetgewing moet inisieer en by die nasionale vergadering indien rakende die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Ná openbare verhore en wye konsultasie is die 18de voorgestelde wysigingswetsontwerp op die Grondwet geformuleer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.32
+0.1%
Rand - Pond
20.57
+0.5%
Rand - Euro
17.15
+0.5%
Rand - Aus dollar
10.84
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,812.92
-0.3%
Silwer
23.22
-1.2%
Palladium
2,332.50
-0.1%
Platinum
1,028.00
-0.6%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,349
-1.5%
Alle aandele
72,731
-1.5%
Hulpbronne 10
74,244
-1.3%
Industriële 25
89,731
-1.9%
Finansiële 15
14,791
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk war gebeur
Ek het n saggesardheid Hou van die buite lewe en die natuur Wil nie in n stad bly nie Stap graag
Wees net jouself.
Ek is soms nie n maklike men's nie, maar ek love om grap of 2 te maak. Ek het geleer deur al my voute en leer nou nog. Soms maak dit jou te hart. Ek is n plain men's...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot