AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Bal aan die rol vir hoër koringtarief

Graan SA se aansoek vir 'n verhoging van die koringtarief is in die Staatskoerant gepubliseer.

'n Invoertafief kan dalk die verdere inkrimping van dié beleërde Suid-Afrikaanse bedryf stuit. Die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) het pas Graan SA se aansoek om só ’n verhoging in die Staatskoerant gepubliseer. Kommentaar op die aansoek moet binne die volgende ses weke gelewer word. 

Nuwe beskermingsvlak
Die beskermingsvlak van $215 wat sedert Mei 2010 geld, is in wese irrelevant in die lig van hoë internasionale prysvlakke. Toe dit ingestel is, was die kommentaar dat dié soort gebrekkige be skerming die bedryf vir die wolwe gooi. Die produsente-organisasie vra dat die beskermingsvlak wat ’n invoertarief laat inskop, vanaf $215 per ton tot $326 per ton verhoog moet word. Die aansoek is einde April ingedien. Teen die pryse daardie tyd sal só ’n verhoging ’n tarief van R409 per ton op ingevoerde koring en R614 per ton op ingevoerde koringmeel in werking stel. Dít sal heelwat beter beskerming bied teen gesubsidieerde invoerkoring as wat tans die geval is.


Tarief kan help om koring-aanplantings te laat toeneem
Graan SA bereken ’n nuwe beskermingsvlak van $326 behoort Suid-Afrikaanse produksie sodanig te bevorder dat die land mettertyd weer 85% selfvoorsienend in koring sal kan word. Plaaslike koring-aanplantings het die laaste jare soveel afgeneem dat Suid- Afrika al sowat die helfte van sy koringverbruik moet invoer. Volgens die jongste amptelike oesskatting het Suid-Afrikaanse koringaanplantings vanjaar die rekord-laagtepunt van net meer as 511 000 ha bereik. ’n Oes van net 1,76 miljoen ton word verwag, terwyl verwagte verbruik by 3,2 miljoen ton draai. Landbouweekblad verneem leiers in graankringe is versigtig optimisties dat beter beskerming dié slag ingestel gaan word. Graan SA het die laaste twee jaar sterk op die hersiening van die koringtarief gefokus. “Selfs ’n swakker uitkoms as waarvoor gevra word, behoort ’n beter beskermingsvlak as tans vir die bedryf teweeg te bring,” is aan Landbouweekblad gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot