AFGRI
BEAN
19 Aug
-
9040
0,00
CORN
19 Aug
-
4134
123,00
SOYA
19 Aug
-
9085
198,00
SUNS
19 Aug
-
10660
0,00
WEAT
19 Aug
-
6830
0,00
WMAZ
19 Aug
-
4379
70,00
YMAZ
19 Aug
-
4385
77,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Bayer se Monsanto-kooptransakie voltooi

akkreditasie
Ná sowat twee jaar is die chemikalievervaardiger Bayer se Monsanto-kooptransaksie gister voltooi.

Bayer het in September 2016 aangekondig dat hy die saadmaatskappy Monsanto vir $66 miljard (sowat R945 miljard) koop. Volgens Landbouweekblad van 23 September 2016 was die koopprys 44% hoër as wat Monsanto die dag voor Bayer se koopaanbod werd was.

Die twee maatskappye sal saam ’n jaarlikse navorsing-en-ontwikkelingsbegroting van nagenoeg $2,5 miljard (sowat R36 miljard) hê, waarmee hulle veral aan digitale boerdery aandag wil skenk.

Luidens ’n verklaring deur Bayer en Monsanto sal Monsanto se aandele nie meer op die New York-aandelebeurs verhandel word nie. Bayer is nou die alleeneienaar van Monsanto. Monsanto-aandeelhouers word $128 per aandeel betaal. Die J.P. Morgan-groep het Bayer bygestaan met die verwerking van die kooptransaksie.

Mnr. Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto SA, sê een van die voorwaardes van die Amerikaanse departement van justisie vir die goedkeuring van die transaksie was dat Monsanto voorlopig onafhanklik van Bayer sal voortgaan met sy daaglikse aktiwiteite totdat Bayer sekere van sy filiale aan BASF verkoop het.

Normale werksaamhede

Volgens Steenekamp sal Monsanto in dié tydperk normaal met sy werksaamhede voortgaan. Daar sal ook geen verandering in die handelsmerk- of produkaanbiedings wees nie. “Ek is beskikbaar om enige navrae hieroor te beantwoord en beloof om almal op die hoogte van die sake te hou namate die proses vorder,” sê Steenekamp luidens ’n brief aan Monsanto se sakevennote.

“Sodra die transaksies tussen Bayer en BASF afgehandel is, sal ons voortgaan met die integrasie van Monsanto by Bayer,” sê Steenekamp. Hy sê volgens Bayer sal die integrasieproses sowat twee maande duur.

Belangrike mylpaal

“Die afsluiting van dié proses is ’n belangrike mylpaal in die visie vir die daarstelling van ’n toonaangewende landboumaatskappy wat boere wil ondersteun om produktief, winsgewend en volhoubaar te boer tot voordeel van die planeet en die verbruiker,” sê Steenekamp.

Mnr. Werner Baumann, voorsitter van die direksie van Bayer, het Donderdag 7 Junie as ’n goeie dag vir dié twee ondernemings, hul klante, aandeelhouers en verbruikers beskryf. Hy sê die samesmelting sal die maatskappy in staat stel om die wêreld se boere te help om op ’n volhoubare wyse gesonde en bekostigbare kos te lewer. “Ons teikens vir volhoubaarheid is vir ons net so belangrik as ons finansiële teikens. Ons probeer voldoen aan die verantwoordelikheid wat ’n leiersposisie in die landbou behels en om ons dialoog met die samelewing te verdiep.”

Mnr. Hugh Grant, uitvoerende voorsitter en uitvoerende hoof van Monsanto, sê hy is trots op die pad wat Monsanto uitgetrap het en sien uit na die gesamentlike maatskappy wat die moderne landbou vorentoe gaan neem.

Mnr. Liam Condon, ’n lid van Bayer se bestuursraad, sal die gesamentlike gewaswetenskapafdeling lei wanneer die integrasie plaasvind. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.93
-0.4%
Rand - Pond
20.18
-0.3%
Rand - Euro
17.07
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,754.45
-0.3%
Silwer
19.36
-0.9%
Palladium
2,145.50
-0.6%
Platinum
907.50
-0.7%
Brent-ruolie
96.59
+3.0%
Top-40
64,184
0.0%
Alle aandele
71,011
0.0%
Hulpbronne 10
63,890
0.0%
Industriële 25
86,864
0.0%
Finansiële 15
16,201
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Liefdevol
Ek is 46 en weduwee. Wil graag nuwe vriende ontmoet op die hoop vir nuwe liefde. Ek is onafhanklik. Ek is lief vir my familie en diere. Ek hou baie van lag. Ek is baie sagte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot