AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8529
-33,00
CORN
17 Aug
-
4015
-47,00
SOYA
17 Aug
-
8705
-40,00
SUNS
17 Aug
-
10912
59,00
WEAT
17 Aug
-
6890
6,00
WMAZ
17 Aug
-
4320
-34,00
YMAZ
17 Aug
-
4235
-17,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Bayer verkoop sy dieregesondheidsonderneming

akkreditasie
Foto: Gerrit Bezuidenhout
Foto: Gerrit Bezuidenhout
Bayer gaan sy dieregesondheidsonderneming aan die Amerikaanse maatskappy Elanco Animal Health verkoop.

Bayer het op 20 Augustus bekend gemaak dat die transaksie sowat $7,6 miljard (sowat R117 miljard) beloop, wat met kontant en Elanco-aandele betaal sal word.

Die disinvestering sal na verwagting middel volgende jaar afgehandel word, onderhewig aan die voldoening aan die gebruiklike afsluitingsvoorwaardes. Bayer beoog om sy aandeel in Elanco met verloop van tyd te beëindig.

Mnr. Werner Baumann, voorsitter van Bayer AG se direksie, sê in ’n verklaring die transaksie versterk sy fokus daarop om ’n wêreldleier in lewenswetenskappe te wees.

Die verkoop van Bayer Animal Health is die grootste transaksie in ’n reeks portefeuljestappe waarmee Bayer in November 2018 begin het. Die maatskappy het vroeër aangekondig dat hy sy handelsmerke Coppertone en Dr. Scholl’s, asook sy 60%-aandeel in die Duitse onderneming Currenta verkoop.

Luidens die verklaring sal die jongste transaksie ’n dieregesondheidsmaatskappy skep wat die drie topplekke in ’n wye verskeidenheid van spesies en streke sal beklee.

Dit sal Elanco se portefeulje van vooraanstaande wêreldhandelsmerke versterk en sy innoverings-, navorsings- en ontwikkelingsvermoë ondersteun.

Mnr. Jeffrey N. Simmons, president en uitvoerende hoof van Elanco, sê die samevoeging van Elanco se sterk verhouding met veeartse en Bayer se leierskap in kleinhandel en e-handel sal op die lange duur tot voordeel van al sy kliënte strek.

Bayer Animal Health is luidens die verklaring ’n wêreldleier in sy segment, met verkope van $1,8 miljard (sowat R27,7 miljard) in sy 2018-boekjaar. Dit ontwikkel en bemark innoverende produkte en oplossings om siektes by troetel- en produksiediere te voorkom en te behandel.

Dit sluit die Advantage-produkte in vir die bestryding van vlooie, bosluise en wurms, asook die Seresto-halsband, waarvan verkope vinnig groei.

Ingevolge die ooreenkoms met Elanco sal alle werknemers van Bayer Animal Health vir minstens ’n jaar teen die eensydige beëindiging van hul indiensneming beskerm word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.68
-1.7%
Rand - Pond
20.07
-1.1%
Rand - Euro
16.95
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.53
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,761.67
-0.8%
Silwer
19.72
-2.1%
Palladium
2,140.50
-0.9%
Platinum
922.00
-1.7%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.3%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurmens
Ek is n natuur mens wat hou van die buitelewe. Ek is n God's kind. Baie lojaal en liefdevol. Ek is hou van gesels en romanse
Twee halwes maak een!
Eks lewenslustig, betroubaar, hardwerkend (een man vrou) energiek en hou van uitdagings. Ek hou van kosmaak, diere, mense en kinders. Eks n netjiese vrou en kyk mooi na myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot