AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9643
0,00
CORN
06 Jun
-
4627
0,00
SOYA
06 Jun
-
7760
0,00
SUNS
06 Jun
-
8228
0,00
WEAT
06 Jun
-
6630
0,00
WMAZ
06 Jun
-
3704
0,00
YMAZ
06 Jun
-
3816
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

BBP: Landbou sak uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die landbousektor se groei het in die derde kwartaal vanjaar met 13,6% teenoor die tweede kwartaal teruggesak.

Groei in die landbousektor het remme aangeslaan in die derde kwartaal. Die invloed van die onluste in Julie, opeenhopings by hawens en beurtkrag dra deels by tot dié terugsakking, maar vroeë lewering van mielie- en sojaboon-oeste beteken dat die derde kwartaal vanjaar stiller as gewoonlik verloop het.

Die landbousektor se groei het in die derde kwartaal vanjaar met 13,6% teenoor die tweede kwartaal teruggesak, volgens die jongste data wat Statistieke SA (SSA) oor die bruto binnelandse produk (BBP) bekend gemaak het. Die BBP meet die totale markwaarde van alle produkte en dienste wat binne die landsgrense gelewer word, dus gee dit ’n aanduiding of ’n land se ekonomie groei of krimp.

Volgens SSA het die landbou se bydrae tot die algehele BBP-groei met 0,4 persentasiepunte verklein, terwyl sy terugsakking op ’n jaargrondslag negatiewe groei van 3,1% aangeteken het.

In die derde kwartaal van 2021 het Suid-Afrika se totale BBP met 1,5% teruggesak teenoor die tweede kwartaal. Dit is die eerste keer in vyf kwartale dat die BBP op ’n kwartaalgrondslag ingekrimp het en ontleders skryf dit deels toe aan die uitwerking van die onrus en plundery in Junie in KwaZulu-Natal en Gauteng.

“Die swakker as verwagte BBP-groeisyfers vir die derde kwartaal, tesame met die onlangse rekordhoë werkloosheidsyfers, beklemtoon die ernstige skade wat die burgerlike onrus en die voortdurende beurtkrag aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aanrig,” sê prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit.

Selfs die landbou en die mynbou, wat voordeel getrek het uit die internasionale groeilopie wat hulpbronne beleef, het in die derde kwartaal teruggesak. “Ons sal moet vas stel tot watter mate het binnelandse logistieke probleme tot die negatiewe uitkomste bygedra.”

Mnr. Michael Manamela, hoofdirekteur van nasionale rekenings by SSA, sê die onrus in KwaZulu-Natal het pluimvee- en varkproduksie negatief geraak. Suikerrietlanderye wat aan die brand gesteek is, het die subsektor vir gewasse laat terugsak.

Verwagtinge oorskry

Die inkrimping in die landbou-BBP was te wagte, hoewel die syfer hoër is as voorspel, sê mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz. Hy glo die insinking is net tydelik. “Dis verstaanbaar omdat die derde kwartaal van die jaar ’n relatiewe stil tydperk in die landbou is, met baie van die oesbedrywigheid wat in die ander kwartale plaasvind.”

Hy sê die afswaai word ook weerspieël in die onlangse werkloosheidsyfers wat getoon het dat indiensneming in die landbou met 4% op ’n kwartaalgrondslag gedaal het.

Danksy die goeie reën wat in die somer van 2020-’21 geval het, kon somergraanboere vroeër hul mielies en sojabone begin plant, en dus ook vroeër oes. Baie van dié aktiwiteit is reeds in die tweede kwartaal afgehandel en kon dus nie in die derde kwartaal se groeisyfers weerspieël word nie, sê dr. Marlene Louw, landbou-ekonoom van Absa. Goeie graanpryse in die tweede kwartaal het ook beteken dat boere nie groot hoeveelhede graan teruggehou het om later te verkoop nie.

Sy wys ook daarop dat die rand, wat in die derde kwartaal vanjaar 13% stewiger was as in die ooreenstemmende kwartaal ’n jaar gelede, die uitvoermark se winste negatief geraak het.

Wisselvalligheid

Sihlobo maan dat die kwartaallikse dalings of stygings van die BBP taamlik wisselvallig kan wees. Hy is steeds optimisties dat groei in die vierde kwartaal sal terugbons en dat die landbou in 2021, soos in 2020, positiewe groei sal aanteken.

“Die prestasie wat ons verwag, word gerugsteun deur gunstige weerstoestande, wat opbrengste verhoog, tot groter aanplantings gelei en die gehalte van weiding verbeter het. Daarby voorspel die wynbedryf dat vanjaar se wyndruif-oes 9% groter as die vorige jaar sal wees en die Sitruskwekersvereniging berig dat sy uitvoer danksy ’n goeie oes vanjaar rekordvlakke bereik het. Daar was ook ’n merkbare verbetering van 9% in die jaarlikse uitvoer van appels en pere.”

Veeboere het egter terugslae soos die uitbreking van bek-en klouseer en die skerp styging in voerkoste beleef, maar selfs dié subsektor bied goeie weerstand teen die negatiewe faktore, sê Sihlobo.

Mnr. Paul Makube, senior ekonoom van FNB Agribesigheid, sê die inkrimping van die landbousektor se bydrae tot die BBP is verrassend aangesien uitvoere veral te danke aan sitrus, mielies, wyn, suiker ander vrugte en neute in vanjaar se derde kwartaal met 8% toegeneem vergeleke met verlede jaar.

Volgens Makube het mielieverskepings vergeleke met die tweede kwartaal met 32% toegeneem. Sitrusuitvoere het met 13% tot 161,6 miljoen kartonhouers toegeneem vergeleke met verlede jaar.

Wat lewende hawe betref, het slagsyfers slegs marginaal met 0,5% toegeneem vergeleke met die tweede kwartaal. Die slagsyfer vir beeste het met 3,8% toegeneem. Weens die onluste in gedeeltes van KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie het die pluimveebedryf slegter presteer.

Hy sê die algemene vertroue in die landbousektor, wat volgens die nuutste peiling deur Agbiz die tweede hoogste sedert 2001 is, is relatief in terme van die onlangse uitdagings weens hoë insetkoste en die onlangse onluste.

“Ons is dus steeds van mening dat die landbousektor sal terugbons in die laaste kwartaal van die jaar en ’n sterk algehele prestasie vir 2021 sal behaal.”

Volgens Makube dui die nuutste oesskattings op nog ’n rekordoes vir die 2021-’22 produksieseisoen met die geskatte totale area onder mielies en sojabone op onderskeidelik 2,76 miljoen ha en 827 100 ha. Indien ’n gemiddelde opbrengs van onderskeidelik 6,22 t/ha en 2,68 t/ha behaal is gedurende die 2020-’21 seisoen, sal Suid-Afrika waarskynlik meer as 17 miljoen ton mielies en 2,22 miljoen ton sojabone in die huidige produksieseisoen produseer. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.22
+0.3%
Rand - Pond
23.94
+0.1%
Rand - Euro
20.61
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
1,034.45
+2.9%
Palladium
1,422.48
-1.0%
Goud
1,961.09
-0.0%
Silwer
23.65
+0.3%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,422
0.0%
Alle aandele
76,603
0.0%
Hulpbronne 10
69,348
0.0%
Industriële 25
103,842
0.0%
Finansiële 15
14,979
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
DIS TYD
Kom gesels met my. Vriendelik opreg Hou van avontuur soos gaan kamp of 'n naweek weg op motorfiets Braai Rustig by huis wees Uitgaan vir 'n drankie
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot