AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

BBP: Nuutste syfers beklemtoon landbou se bydrae

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lourens van der Linde
Foto: Lourens van der Linde
Statistieke SA het vandag die nuutste syfers vir die bruto binnelandse produk vir die vierde kwartaal van 2021 aangekondig en die landbousektor se bydrae daartoe beklemtoon.

Statistieke SA se syfers vir bruto binnelandse produk (BBP) vir die vierde kwartaal van 2021 beklemtoon nie net die landbousektor se bydrae nie, maar lig ook sy potensiaal vir werkskepping en die verdienste van buitelandse valuta uit, sê mnr. Kulani Siweya, landbou-ekonoom van Agri SA.

Die sektor se groei word egter volgens hom gekniehalter deur onder meer die agteruitgang van infrastruktuur. Daarom is Agri SA van plan om die nasionale tesourie skriftelik te versoek vir ’n voorlegging aan die landbousektor oor die planne om investering in infrastruktuur te bespoedig. Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, het laasgenoemde in sy onlangse begrotingsrede belowe.

Volgens Statistieke SA het die BBP gedurende die vierde kwartaal van 2021 met 1,2% gegroei. Die landbousektor was een van die aandrywers hiervan. Dit was die ekonomiese sektor wat die beste presteer het. Die landbousektor dra 12,2% tot die land se totale ekonomiese aktiwiteit by.

Die ekonomie het egter nog nie herstel tot dieselfde vlakke as die tweede kwartaal verlede jaar nie – voor die onluste in Julie en strenger inperkingsmaatreëls Suid-Afrika in die derde kwartaal getref het.

“Die sektor presteer ten spyte van probleme wat dreig om sy sukses ongedaan te maak. Die belangrikste van hierdie probleme is die stand van Suid-Afrika se belangrike infrastruktuur, veral paaie, vragvervoer en mislukkende hawens. Dit is van deurslaggewende belang dat hierdie probleme aangepak moet word om die vordering wat ons die afgelope maande gemaak het te konsolideer en Suid-Afrika se ekonomiese herstel aan te wakker.

“Nou, meer as ooit tevore, moet die regering sy rol in die steun van ekonomiese herstel speel deur investering in die herstel en onderhoud van Suid-Afrika se belangrike infrastruktuur.”

Siweya sê om die risiko van mislukte en mislukkende infrastruktuur vir die landbousektor te verminder is dit belangrik om die sektor se veerkragtigheid teen moontlike skokke te versterk sodat dit kan aanhou groei.

“Die sektor se prestasie in die vierde kwartaal word reeds bedreig. Buiten vir die sektor se kwesbaarheid vir veranderlikes soos weersomstandighede en neigings op die globale mark, sal die krisis in Oekraïne sonder twyfel nadelige gevolge hê. Insetkoste soos brandstof het aansienlik gestyg en ander, soos kunsmis, sal ook binnekort styg.

“Terwyl die konflik in Europa buite die Suid-Afrikaanse regering se beheer is, is die toestand van nasionale infrastruktuur nie.”

Mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB Agribesigheid, meen die landbousektor se positiewe uitkomste is nie verrassend nie gegewe die aanduidings vir goeie reënval wat aktiwiteit in die sektor ’n hupstoot gegee het. Die koringoes het met 6% jaar-op-jaar tot ’n rekord van 2,26 miljoen ton gestyg met ’n gemiddelde prys van R5 941 per ton – ’n styging van 6,6% jaar vergeleke met die vorige kwartaal en 19,5% vergeleke met die vorige jaar.

Diereprodukte het ook volgens hom ’n groot bydrae tot die landbou se bydrae tot BBP gemaak danksy hoë slagsyfers, stewige plaaslike vraag en sterk vleispryse. Slagsyfers het toegeneem met 17% vergeleke met die vorige kwartaal wat die beskikbaarheid van diereprodukte vir plaaslike en uitvoermarkte laat toeneem het.

In terme van internasionale hande het uitvoerinkomste vir landbou-, voedsel- en drankprodukte met 18% jaar-op-jaar gestyg tot $2,8 miljard. Die totale inkomste vir verlede jaar is ’n rekord waarde van $12,4 miljard. Dit word onderskraag deur die beskikbaarheid van uitvoerbare produkte, stewige eksterne vraag en hoë kommoditeitspryse in ’n mededingende internasionale mark wat nog nie volkome van covid-19 herstel het nie.

Volgens Makube het samewerking tussen rolspelers in die landbousektor, Transnet en logistieke maatskappye ’n belangrik rol gespeel in die verwydering van struikelblokke wat die beweging van produkte na markte wêreldwyd belemmer het.Hoewel ’n marginaal laer somergewasoes verwag word, sal sterk kommoditeitspryse en vraag asook hoër tuinbou-uitsette volgens hom die landbousektor se goeie prestasie vanjaar steun.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot