AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Bedankings, verliese kniehalter Dairy Farmers of South Africa

akkreditasie
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
Clover se volfiliaal Dairy Farmers of South Africa (DFSA) het in sy eerste volle boekjaar ’n netto verlies van R128,8 miljoen gely. Die ooraanbod aan melk in die land het klaarblyklik ’n groot rol daarin gespeel.

Sowat 24 uur voordat Clover sy finansiële resultate vir die jaar tot 30 Junie bekend gemaak het, het drie van die DFSA se direkteure bedank.

Mnr. Jacques Botha, uitvoerende hoof, het uit die direksie bedank, maar bly tot einde April 2019 aan as uitvoerende hoof. Mnr. Dirk Reyneke het as voorsitter en mnr. Jaco Hooghiemstra as finansiële direkteur bedank. Hooghiemstra sal as finansiële bestuurder aanbly.

Botha het die redes vir die DFSA se verliese só opgesom: “Die oorsake was eenvoudig verkoopsprysdeflasie weens die ooraanbod van melk in die mark, wat deur die invoer van langlewemelk (UHT) deur sommige van die kleinhandelaars vererger is. Daarteenoor styg koste (uitgesluit melkkoste) jaarliks met inflasie.

“Plaashek-melkpryse was ook te hoog in verhouding met die deflasie in verkoopspryse.”

Onhoudbare spanning

Volgens Clover se aanbieding oor sy finansiële resultate, gepubliseer op sy webblad, het Botha uit die direksie bedank “weens onhoudbare spanning” weens die kwessies van melkprodusente verloor, of markaandeel verloor.

Reyneke het volgens die dokument bedank sodat die DFSA se melkprodusente-aandeelhouers hul eie nuwe onafhanklike voorsitter en ’n nuwe uitvoerende hoof kan aanstel.

Melkboere het die meerderheidstem by die DFSA, wat op 1 April 2017 gestig is. Clover het sy bedrywighede vir nie-waardetoegevoegde melkprodukte, soos vars melk, langlewemelk en ultragepasteuriseerde melk, aan die DFSA oorgedra en melk- en ander waardetoegevoegde produkte in Clover behou.

Die DFSA koop onverwerkte melk by boere en betaal Clover om dit te verwerk en verpak. Die DFSA lewer ook onverwerkte melk aan Clover vir die maak van sy waardetoegevoegde melkprodukte.

Lening

Clover het ’n wentelkredietlening van R550 miljoen aan die DFSA verskaf. Hoewel die lening vir 20 jaar toegestaan is, het die Clover-raad, ná die bedanking van die uitvoerende hoof en voorsitter, besluit om ’n konserwatiewe benadering te volg en ten volle vir die R439 miljoen voorsiening te maak wat teen 30 Junie nog uitstaande was.

Clover sê siklusse in die suiwelbedryf is nie ongewoon nie en sy ervaring wys dat oorskotjare, waarin boere se pryse daal, gevolg word deur ’n natuurlike daling in die beskikbaarheid van onverwerkte melk, en ’n herstel van pryse.

Die deel van Clover se sake wat die DFSA oorgeneem het, het in die vorige drie boekjare bedryfswins van van R23,8 miljoen tot R77 miljoen behaal, maar in die 2012-’13- en 2013’-14-boekjaar bedryfsverliese van onderskeidelik R62,7 miljoen en R126,4 miljoen gely.

Clover gaan die DFSA nou ’n kapitaalinspuiting van R90 miljoen gee.

Strategie

’n Betroubare bron meen Clover vra die DFSA te veel vir die verwerking en verpakking van produkte en sê wat die DFSA verder lamlê, is dat die kleinhandel die DFSA se versoek vir ’n verhoging van 5% in verkoopspryse geweier het.

Clover sê dienDFSA se strategie vir die afwaartse siklus sluit in om plaashekpryse meer gereeld te verander, na gelang van marktoestande.

Weens die hoë produksie van melk in die land, asook die gedempte ekonomie, bly rakpryse onder druk en het die DFSA op 31 Augustus ’n verdere melkprysverlaging van 30 c/liter aangekondig, wat op 1 Oktober in werking sou tree.

Landbouweekblad verneem dat die direksie dit kort voor die bekendmaking van Clover se resultate tot 5 c/liter verminder het. ’n Bron het gesê ná ’n 30 c-verlaging sou die prys laer as boere se produksiekoste gewees het.

Die DFSA het die prysdaling glo verminder omdat boere gesê het melkproduksie het reeds begin afneem en voerpryse het begin styg. Sedert Desember het die DFSA boere se pryse glo met sowat R1,25/liter verlaag en groot boere het glo weens die jongste beoogde verlaging gedreig om ander kopers te soek. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
+0.3%
Rand - Pond
21.91
+0.7%
Rand - Euro
19.28
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.89
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Platinum
995.19
+1.5%
Palladium
1,465.83
-0.8%
Goud
1,978.68
-0.1%
Silwer
24.15
+1.0%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Rustig
.,. . . . . . is byna sigbaar vir ander Die volgende beskrywings gee lede 'n voorsmakie van jou persoonlikheid en wie jy werklik is. Moenie bekommerd wees om dit die eerste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot