AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Begroting bied soete verligting aan suikerbedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, is waarskynlik nou een van die Suid-Afrikaanse suikerbedryf se gunstelingvriende nadat hy in sy 2023-begrotingsrede aangekondig het dat daar geen veranderings aan die gesondheidsbevorderingsheffing, oftewel suikerbelasting, in die volgende twee boekjare sal wees nie.

Suid-Afrika se suikerrietwaardeketting slaak ’n groot sug van soete verligting. Godongwana het vanmiddag in sy begrotingsrede dié bedryf se “moeilike bedryfsomstandigehede” erken. Die omstrede gesondheidsbevorderingsheffing (GBH), oftewel suikerbelasting, op suikerversoete drankies sal luidens die begrotingsrede vir die volgende twee boekjare onveranderd bly.

“Dit sal die bedryf in staat stel om te diversifiseer of te herstruktureer,” het hy gesê.

Landbou.com het die afgelope maande gereeld berig oor die Suid-Afrikaanse suikerrietwaardeketting se jare lange pad na moontlike ineenstorting en hoe dit vermoedelik aansienlik vererger word deur die regering se oënskynlike stryd teen vetsug deur die instelling van suikerbelasting op versoete drankies sedert April 2018.

Dié belasting het die suikerrietwaardeketting ’n geskatte R6 miljard aan inkomste in die afgelope vyf jaar gekos en het gevolglik talle nadelige gevolge, soos werksverliese.

Meer onlangs het die suikerrietwaardeketting sy naels gekou en by Godongwana gepleit om nie in die komende boekjaar se begroting die suikerbelasting te verhoog of die kategorieë daarvan uit te brei nie.

“Ons is dankbaar teenoor die regering dat hy gehoor gegee het aan ons versoek om ’n moratorium op verhogings in die GBH te plaas terwyl ons die geleenthede vir produkdiversifikasie wat tydens fase 1 van die uiters belangrike suikerrietwaardeketting-meesterplan tot 2030 geïdentifiseer is, kragtig nastreef. Dié diversifikasieprojekte het die potensiaal om die rigting en prestasie van die bedryf te verander,” sê mnr. Trix Trikam, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging.

“Die GBH wat onveranderd bly, gee ons tyd om die regverdige oorgang van die suikersektor na nuwe bedrywighede en nywerhede te bewerkstellig.”

Mnr. Andrew Russell, voorsitter van die SA Suikerrietkwekersvereniging, beskryf Godongwana se aankondiging as ’n “welkome en deurslaggewende uitstel” vir Suid-Afrika se suikerrietkwekers, hul waardekettingvennote en die 1 miljoen mense wie se lewensbestaan tans deur dié waardeketting ondersteun word. Suikerrietkwekers sal die geleentheid gebruik om die bedryf te laat herleef en om dit vir winsgewendheid en volhoubaarheid op lang termyn te posisioneer.

Monitering

Hy voeg by dat die vereniging hoopvol is dat die twee jaar lange tydperk deur die regering gebruik sal word om betrokkenheid te bevorder oor die doeltreffendheid van die suikerbelasting en oor die moontlikheid om “alternatiewe, minder vernietigende en meer holistiese gesondheidsingrypings te skep”.

Oor ander aspekte van Godongwana se 2023-begrotingsrede sê Russell: “Die SA Suikerrietkwekersvereniging sal voortgaan om die instelling van die ingrypings om die impak van beurtkrag te versag, te monitor, asook die ontplooiing van die noodlenigingspoging ingevolge die ramptoestand wat ná die onlangse oorstromings verklaar is.”

Verligting

Dr. Siyabonga Madlala, uitvoerende voorsitter van die Suid-Afrikaanse boere-ontwikkelingsvereniging (Safda) verwelkom ook Godongwana se aankondiging oor die suikerbelasting.

“Dit is ’n verligting vir die suikerbedryf en bowenal vir ons suikerrietboere wat in spanning op die minister gewag het om hierdie goeie nuus aan te kondig. Ons is ook bly oor die minister se aankondiging met betrekking tot die vloede wat in 2021 en 2022 plaasgevind het dat R695 miljoen beskikbaar gestel gaan word vir onmiddellike verligting, asook ’n verdere R1 miljard volgende jaar.”

Madlala sê hierdie finansiële verligting sal vloedgeteisterde boere en ander landelike inwoners help om beskadigde infrastruktuur op plase en in omliggende gebiede reg te maak. Van dié boere kon glo sedert die vloede nie boer nie “weens ’n gebrek aan bystand”.

Safda bedank ook me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, “vir hul volgehoue ondersteuning van die herstelpogings wat daarop gemik is om die sukkelende suikersektor ’n hupstoot te gee”.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.29
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.92
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
-1.2%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Glimlag en voed jou Siel.
As jy nog opgewonde is oor die lewe, aktief is en lief is vir jouself, moet ons ontmoet. Ek is afgetree maar doen nog kontrak werk. Ek is redelik aktief. Ry gereeld fiets. Stel...
Kom ons kyk wat gebeur
Dit is so moeilik om jouself te beskryf. Ek kan jou wel se jy sal nooit weer iemand soos ek ontmoet nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot