AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Begroting: Daadwerklike ingrypings nodig vir voedselsekerheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Joylene van Wyk
Foto: Joylene van Wyk
In die aanloop tot die 2023-begrotingrede sê Agri SA dit is van deurslaggewende belang dat maatreëls aangekondig moet word om voedselsekerheid te beskerm.

Agri SA sê met beurtkrag as die grootste bedreiging vir Suid-Afrika se boere, moet die regering nou sterk ingryp en hulpbronne toeken om die ergste uitwerking daarvan te versag om volhoubare voedselproduksie in belang van alle Suid-Afrikaners te verseker.

Die organisasie sê in ’n verklaring met die oog op Woensdag se begrotingsrede deur mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, dit kom op die hakke van pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede waarin ’n aantal ingrypings aangekondig is om die elektrisiteitskrisis te help verlig. “Benewens ’n minister van elektrisiteit of die verklaring van ’n ramptoestand het Suid-Afrika se voedselprodusente konkrete en praktiese begrotings- en fiskale maatreëls nodig om hul lot te verlig,” sê Agri SA.

Daar word gevra dat Godongwana moet konsentreer op:

* ’n Verhoging in die kortings op diesel en petrol wat vir elektrisiteitsopwekking gebruik word;

* Die toepassing van aansporings om netwerkgekoppelde opwekkingskapasiteit en heraansluiting van buitenetwerkstelsels te bevorder;

* ’n Verlaging of afskaffing van omslagtige belasting op sukkelende landboubedrywe, soos aksynsbelasting op tabak, wyn en bier, asook die gesondheidbevorderingsheffing.

Agri SA vra die begrotingsrede moet ook voorsiening maak vir die toekenning van hulpbronne vir die bou van nuwe infrastruktuur en die herstel van bestaande infrastruktuur (veral verkrummelende pad- en spoornetwerke) om die sektor en waardekettingvennote in staat te stel om voedsel oor Suid-Afrika heen te voorsien.

“Dié ingryping is veral dringend aangesien meer as die helfte van Suid-Afrika se provinsies deur vloede geteister is met vernietigende gevolge vir boere,” lui die verklaring. “Daarom moet die ramptoestand met betrekking tot oorstromings ook dringend gepaard gaan met voldoende finansiering om betekenisvolle verligting aan die betrokke gemeenskappe en boere te bied.”

Die organisasie vra Godongwana om, in die lig van Ramaphosa se aankondiging van ’n belastingaansporing vir ondernemings wat sonkragpanele op hul dakke installeer, meer besonderhede te verskaf en te sê of daar spesiale bepalings vir die landbousektor is.

“Agri SA is diep bekommerd oor die sameloop van kwessie wat voedselproduksie in Suid-Afrika veral in hierdie tyd moeilik maak. Ter wille van die publiek wat op die sektor staatmaak vir lewensmiddele, en die werkers wat op die landbou staatmaak vir hul lewensbestaan, moet hierdie kwessies in die begroting geprioritiseer word.

“Dit is die enigste manier om skerp stygings in voedselpryse, voedseltekorte en werkverliese in Suid-Afrika te voorkom,” sê Agri SA.

Beloftes sonder uitvoering beteken niks

“Die minister van finansies het ’n baie moeilike begroting in ’n tyd waar hoë lewenskoste, lae spaarvlakke en die huidige energiekrisis groot stremming op ekonomiese groei plaas. TLU SA doen ’n beroep op die minister om sy potlood behoorlik skerp te maak om tekortkominge weens die regering se oorbesteding te voorkom,” sê me. Erika Helm, voorsitter van TLU SA se komitee vir plaaslike regering.

Helm sê die verleen van staatshulp aan instellings soos Transnet, SAL en Eskom moet binne die perke van die begroting plaasvind.

“Die minister moet ook in ag neem dat beurtkrag ’n nadelige impak op winsgewendheid en belastinginvordering het, wat weer ’n kleiner staatskas tot gevolg het. Die hele infrastruktuur rakende watervoorsiening en die herstel van paaie moet ook deurlopend aandag begin kry. Dit is nie net elektrisiteitsvoorsiening wat in die moeilikheid is nie.”

TLU SA se wenslys vir vanjaar se begroting sluit onder meer veiligheid, dieselrabatte vir boere wat die produksieproses aan die gang moet hou weens beurtkrag, die vermindering van staatsamptenare en die inkamping van korrupsie ter wille van dienslewering.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, meen die feit dat al hierdie probleme aangepak moet word, dui op ’n regering wat sy land in die steek laat.

“Terugvoering oor die beloftes wat verlede jaar gemaak is, sal ’n goeie afskopplek vir môre se begrotingsrede wees sodat die publiek kan weet of hierdie beloftes ooit gerealiseer het. Beloftes moet daadwerklik deurgevoer word en daar moet aanspreeklikheid vir elke belofte aanvaar word. So nie, beteken ’n begroting niks.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
-0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Humble with a hint of Kanye
Ek kan braaibroodjies maak, beter braai as jy en my gedra ( so sê hulle). Ek werk hard, kan spel en is nie clingy nie. Ek sal n dic pic vra as ek een wil hê😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot