AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Begroting is taai balanseertoertjie vir Mboweni

akkreditasie
Mnr. Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: GCIS
Mnr. Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: GCIS
Die nasionale tesourie het vanjaar ’n moeilike taak om genoeg te begroot vir die Covid-19-inentingsveldtog en terselfdertyd op koers te bly met die land se ekonomiese herstelplan en fiskale konsolidasie.

Die begroting finansier ’n massiewe, gratis Covid-19-inentingsveldtog van R19,3 miljard oor drie jaar.

Altesaam R11 miljard word by die bestedingsraamwerk in die 2021-’22-begroting gevoeg vir die openbare werkskeppingsinisiatief. Op mediumtermyn sal nagenoeg R3 000 miljard of 56,6% van die land se openbare geld vir onderrig en kultuur, gesondheid en maatskaplike ontwikkeling toegestaan word.

Dit verbeter die samestelling van besteding deur die groei in uitgawes te skuif na belegging pleks van verbruik. Nog belangriker is dat dit voorkom dat die belastinglas verhoog word deur R40 miljard te onttrek aan vorige aankondigings oor belastingverhogings.

Die gekonsolideerde belastingtekort word geprojekteer op 14% van die bruto binnelandse produk (BBP) in die 2021-’22-boekjaar. Dit sal na verwagting krimp tot 6,3% van die BBP in die 2023-’24-boekjaar.

Na verwagting sal skuld stabiliseer teen 88,9% van die BBP in die 2025-’26-boekjaar.

Die land se ekonomie het in 2020 met 7,2% ingekrimp. Met die mediumtermynbegroting in 2020 is ’n inkrimping van 7,8% verwag. Hoewel verwag word dat ekonomiese herstel sal voortduur, sal uitsette en werkloosheid tot 2023 laer as die vlakke voor die pandemie bly.

Die nasionale tesourie projekteer dat daar werklike ekonomiese groei van 3,3% vir die 2021-’22-boekjaar sal wees.

Landbousektor

Die sektor het in 2020 sterk groei beleef met ’n totale jaarlikse waardetoevoeging van 11,3% in die eerste drie kwartale van 2020 teenoor die ooreenstemmende tydperk in 2019.

Die groei in elke kwartaal is onderstreep deur die herstel van produksie in tuinbou, graan en vee.

Die uitkyk vir 2021 is gunstig, hoewel nie verwag word dat groei dieselfde sal wees soos in 2020 nie. Gunstige weerstoestande en sterk internasionale vraag na landbou-uitvoerprodukte sal produksiegroei ondersteun. Handelsontwrigting deur byvoorbeeld wêreldwye inperkings weens die pandemie kan die sektor se sterk uitvoerprestasie bedreig. Probleme vir die sektor op mediumtermyn is beleidonsekerheid, nie-tariefversperrings soos kwotas en gehaltestandaarde.

Sondebelasting

Die drank en tabakbedryf het gedurende die inperkingstydperk swaar getrek weens die Covid-19-pandemie en groot verliese gely. Belastingverhogings vir dié bedrywe is egter glad nie gespaar nie en soos ouds is daar verhogings op die “sondebelasting”.

Aksynsbelasting op alkoholiese drankies en tabakprodukte verhoog met 8%.

Die aksynsbelasting styg met 14c per 340 ml-blikkie bier, 44c per 750 ml-bottel gefortifiseerde wyn, 26c per 750 ml-bottel ongefortifiseerde wyn, 86c per 750 ml-bottel vonkelwyn, 14c per 340 ml-bottel sider en alkoholiese vrugtedrankies, en R5,50 per 750 ml-bottel spiritualieë. Rokers sal R1,39 duurder vir ’n pakkie van 20 sigarette betaal. Die belasting styg met 47c per 25 g pyptabak, R1,57 per 50 g sigarettabak en R7,71 per 23g sigare.

Die nasionale tesourie sal binnekort ’n besprekingsdokument publiseer wat voorstelle bevat om elektroniese nikotien en nie-nikotienleweringstelsels te belas. ’n Aksynsbelasting sal later in die jaar bekend gestel word nadat openbare raadpleging plaasgevind het.

Die heffing op die suikerbelasting is vir die tweede agtereenvolgende boekjaar nie verhoog nie.

Ander belasting

Die algemene brandstofheffing styg met 15c per liter en die heffing vir die padongelukkefonds met 11c vanaf 7 April. Die algemene brandstofheffing sal styg tot R3,85 per liter petrol en R3,70 per liter diesel. Die heffing vir die padongelukkefonds styg tot R2,18 per liter vir beide petrol en diesel.

Die belastingkoers vir koolstofbelasting het vanaf 1 Januarie 2021 gestyg met 5,2% van R127 tot R134 per ton koolstofdioksied. Die heffing vir 2021 sal op 7 April 2021 met 1c styg tot 8c per liter vir petrol en 9c per liter vir diesel

Daar is geen verhoging in die heffing van plastiek nie en dit bly op 25c per sak. Om die skuif na ’n groener ekonomie te ondersteun, het die staat besluit om nie dieselfde heffing te hê vir gewone plastiek en dié wat bio-afbreekbaar is nie. Die heffing vir bio-afbreekbare plastiek sal 12,5c per sak wees.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot