AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Begroting: Landbou in die kollig

akkreditasie
Foto: Charl van Rooyen
Foto: Charl van Rooyen
Dit was ’n moeilike begroting, maar een wat met hoop besaai is.

Die begroting wat mnr. Malusi Gigaba, Minister van Finansies, in die Parlement ter tafel gelê het, is daarop gemik om te verseker ’n platform word geskep vir hernuwing, inklusiewe groei en werkskepping.

Politieke ontwikkelinge die afgelope drie maande, met die verkiesing van mnr. Cyril Ramaphosa tot president van die ANC en onlangs tot President van Suid-Afrika, het die land op ’n baan van hoop en nuwe geleenthede geplaas om ekonomiese geleenthede na te jaag en sy drome van maatskaplik-ekonomiese transformasie te verwesenlik.

Gigaba het reeds by die lewering van die mini-begroting einde verlede jaar gesê die herstel van vertroue is die “goedkoopste vorm van stimulis wat ingespuit kan word” om die ekonomie op koers te kry.

Landbou wys sy staal

Dit kom sterk in Gigaba se begroting uit dat daar ’n hernieude fokus op die landbousektor is.

Hoewel 2017-’18 gekenmerk kan word deur swak ekonomiese groei, ’n resessie, kredietafgraderings en verhoogde kommer oor regeringsbestuur en die volhoubaarheid van staatsmaatskappye, het die land se ekonomiese uitkyk oor die afgelope paar maande verbeter met sterk groei in die landbousektor. Die land se groeivooruitsigte word nou hoër geprojekteer as toe die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) aangekondig is. Die groei in die 2017 bruto binnelandse produk (BBP) vir verlede jaar is nou weer opwaarts tot 1% aangepas nadat dit verlede jaar afwaarts van 1,3% tot 0,7% hersien is. Die verwagte groei vir vanjaar is 1,5% wat tot 2,1% in 2020 kan styg.

Gigaba het gesê hoewel dit ’n goeie begin is, is daar onmiddellike beleidsingrypings wat gedoen sal moet word om die regte omgewing vir belegging, groei en werkskepping te skep.

“Die eerste is om die 14 maatreëls om vertroue ’n hupstoot te gee te finaliseer. Ons het ons verlede Julie daartoe verbind.”

Hy het ook beklemtoon dat die land dapper en gekoördineerd moet wees om sektore te bou waar die land ’n mededingende voordeel het en werklik wêreldklas kan wees. “Hierdie sluit in die landbou, mynbou, toerisme, vervaardiging en uitvoerdienste na die res van Afrika en wêreldwyd. Die moontlikhede is egter nie tot daardie sektore beperk nie.”

Belastingvoorstelle

Hoewel die uitkyk verbeter het, het die Regering se pitsweer, die gaping van R48,2 miljard in sy belastinginkomste, nog nie deurgebreek nie. Boonop het oud.pres. Jacob Zuma in Desember verlede jaar gratis hoër onderrig aangekondig wat op mediumtermyn bygewerk moet word.

In antwoord daarop is nuwe belastingmaatreëls ingestel wat R36 miljard in die 2018-’19-boekjaar sal inbring. Dit is hoofsaaklik deur die hoër belasting op toegevoegde waarde (BTW) en aanpassings aan die skale vir persoonlike inkomstebelasting. Die 19 basiese voedselitems, soos droëbone, mieliemeel, stampmielies en rys, wat van belasting vrygestel is, sal die impak van die verhoogde BTW op die armste huishoudings beperk. Vanaf 1 April sal rogbrood en brood met ’n lae glisemiese indeks (GI), wat meestal deur welgestelder huishoudings gekoop word, egter nie meer vrygestel van BTW wees nie. Slegs bruin- en volgraanbruinbrood sal daarvan vrygestel wees.

Daar is ook verdere besnoeiings en hertoewysings aan regeringsbestedings gemaak. Oor die volgende drie boekjare sal besteding met R85 miljard verminder word, R57 miljard gaan vir hoër onderrig en opleiding, en die gebeurlikheidsreserwe kry R10 miljard by.

Die gekonsolideerde begrotingstekort sal na verwagting verminder van 4,3% van die BBP in 2017-’18 tot 3,5% in 2020-’21.

“Deur nou op te tree om die fiskale posisie te versterk, sal die uitkyk van die ekonomie verbeter en ruimte geskep word vir toekomstige beleggingsgroei. Dit is die regte ding om te doen.

“Ons durf nie onverantwoordelik geld te leen en dit vir die toekomstige generasies los om te betaal nie,” het Gigaba gesê.

Versterk landbou

Gigaba het aangekondig dat om die toegang van Suid-Afrikaanse landbouprodukte tot die wêreldwye mark te versterk, kry die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ’n bykomende R40 miljoen oor die MTBR om infrastruktuur op te gradeer en om laboratoriums (die Landbounavorsingsraad) toe te rus.

“Dit sal die vertroue aan die wêreldhandelsvennote gee dat Suid-Afrikaanse landbouprodukte voldoen aan internasionale erkende standaarde vir menslike veiligheid, wat ons vermoë om ongehinderd te kan uitvoer, sal aanhelp.”

Nagenoeg R581,7 miljoen sal aan 450 swart kommersiële boere oor die volgende vyf jaar toegestaan word. “Deur geleenthede te skep vir swart boere word die landbousektor van ons ekonomie radikaal getransformeer.”

Die begroting van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is vir die 2018-’19-boekjaar net meer as R7 miljard. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek
Baie liefde .omgee. eerlikheid en hou van die bos .braai .kuier om n vuur en hou van aĺl black rugby
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot