
Die familie van ’n 87-jarige man het op Saterdag (12 Februarie) rondom 20:00 op sy liggaam afgekom op die kleinhoewe net buite Jan Kempdorp waar hy alleen gewoon het.
Hy is in sy studeerkamer aangetref met sy hande en voete vasgebind en wonde aan sy bobene.
Lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê daar kan nie tans bevestig word of die eiendom beroof is nie. Volgens hom is ’n 46-jarige vrou in aanhouding om ondervra te word.
Enigiemand met nuttige inligting word versoek om speursers. Stefaans Mangate by 060 963 6397 te kontak.