Die landbou is Suid-Korea is hard getref deur die grootste uitbreking van bek-en-klouseer in dié land se geskiedenis.
Wat begin het as `n landboukrisis het ontwikkel in `n ramp op sosiale sowel as ekonomiese vlak. Luidens The Guardian het die uitbreking op 28 November op `n plaas naby Andong begin.
Die krisis het so ver gevorder dat daar volgens TodayOnline reeds sowat twee miljoen diere (of 15% van die land se vark- en veepopulasie) doodgemaak is.
Die land moes ook in die onlangse verlede sowat drie miljoen stuks pluimvee uitwis om die verspreiding van voëlgriep te voorkom. Die regering in Suid-Korea het `n grootskaalse immuniseringsveldtog geloods om die verspreiding van die siekte te voorkom.
Lees meer oor die uitbraak hier.
19 Januarie 2011
Bronne: www.todayonline.com en www.theguardian.co.uk