AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
9500
0,00
CORN
27 Mrt
-
4578
0,00
SOYA
27 Mrt
-
8100
0,00
SUNS
27 Mrt
-
8943
0,00
WEAT
27 Mrt
-
6343
0,00
WMAZ
27 Mrt
-
3966
0,00
YMAZ
27 Mrt
-
4015
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Bek-en-klouseer brei uit in die VS en KZN

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Voertuie se wiele word in September 2022 by ’n padblokkade van die plaaslike boerevereniging in die distrik Harrismith ontsmet. Foto: George Galloway
Voertuie se wiele word in September 2022 by ’n padblokkade van die plaaslike boerevereniging in die distrik Harrismith ontsmet. Foto: George Galloway
’n Vlaag nuwe gevalle van bek-en-klouseer is in die Vrystaat en KwaZulu-Natal aangemeld, luidens die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se jongste verslag oor die verspreiding van die siekte wat op 5 September uitgereik is.

Dit blyk ook uit die verslag dat die jongste uitbreking by Harrismith deur dieselfde SAT 2-virus veroorsaak is wat ook in KwaZulu-Natal geïdentifiseer is. Die ander Vrystaatse uitbrekings is deur die SAT 3-virus veroorsaak, wat verantwoordelik is vir die uitbrekings in Noordwes, die Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng.

Die verskuiwing van diere, veral beeste, bly die grootste bydraende faktor tot die verspreiding van bek-en-klouseer, sê dr. Mpho Maja, direkteur van dieregesondheid, in die verslag. “Die onwettige verskuiwing van diere vanuit die beheerde gebied na die gebiede wat vry van bek-en-klouseer was, speel ’n beduidende rol in al die huidige uitbrekings. Die uitbrekings in KwaZulu-Natal en Limpopo is direk deur sulke bewese of beweerde onwettige verskuiwings veroorsaak.”

Sy sê die diere wat die uitbreking in Noordwes veroorsaak het, is verskuif van ’n gebied in Limpopo wat ten tye van hul verskuiwing reeds besmet was, hoewel die besmetting nog nie bespeur is op daardie tydstip nie. “Dit illustreer die wesenlike gevaar daarvan om diere tydens die siekte se inkubasie-tydperk te verskuif.”

Maja waarsku dat beslag gelê word op diere wat onwettig wyse verskuif is, en die diere sal van kant gemaak word. Die eienaars word boonop aangekla van die oortreding van die Wet op Dieregesondheid (Wet 35 van 1985).

Aantal gevalle brei uit

Suid-Afrika het teen 5 September reeds 142 “oop” gevalle van bek-en-klouseer gehad buite die beheerde gebied, luidens die verslag. Oop gevalle is aktiewe gevalle waar kwarantyn nog nie opgehef is nie. As die kwarantyn opgehef word, word dit as ’n geslote of afgehandelde uitbreking by die wêreldorganisasie vir dieregesondheid (WOAH) aangemeld. Die uitbrekings is in Limpopo (7), Noordwes (14), Gauteng (3), Mpumalanga (1), die Vrystaat (30) en KwaZulu-Natal (87) aangemeld. (Sien tabel)

bek-en-klouseer stats

Vervoerverbod

Die nasionale verbod op die verskuiwing van beeste sal volgens die verslag “net vir ’n kort tydperk” van krag bly, totdat die huidige verspreiding van bek-en-klouseer gestuit is. Beeste mag nie van een eiendom na ’n ander verskuif word om enige ander rede as om direk na ’n abattoir te gaan om geslag te word nie. Dit sluit skoue, rituele doeleindes, lobola, afronding, teeldoeleindes of enige ander rede vir verskuiwing in, lui die verslag.

Alle plase en voerkrale in Noordwes, die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga wat tans geraak word, is onder streng kwarantyn en toegangsbeheer word toegepas. Die plase is goed omhein en beweging kan doeltreffend beheer word, lui die verslag. Die verslag maak nog nie melding van die uitbreking onder diere op die meentgrond by Harrismith nie.

Inenting

In ’n poging om die siekte hok te slaan, vind inentingsveldtogte plaas in die provinsies wat geraak word. Daar is teen 5 September reeds 508 766 inentings by die nasionale kantoor aangeteken. Inentings vind egter deurlopend elke dag plaas en daarom kan die getal nou al hoër wees.

In KwaZulu-Natal het die inentingsveldtog op 15 Maart 2022 begin en daar is tot dusver meer as 270 000 beeste ingeënt.

Beeste in die Thulamela-distrik in Limpopo word ingeënt om ’n beskermende buffer van ingeënte beeste rondom die besmette diptenks te vorm. In dié provinsie is reeds 99 522 beeste op 82 verskillende liggings ingeënt.

In Noordwes is daar in Junie met ‘n tweede ronde inentings begin. Tot dusver is 4 530 diere in die tweede ronde ingeënt en 28 895 in die eerste ronde.

In die Vrystaat is die veldtog volstoom aan die gang, insluitend op die nuwe persele waar uitbrekings aangemeld is. In die eerste ronde is 59 269 beeste op 27 persele ingeënt en 154 teen 5 September op die nuwe persele.

In Gauteng is 20 323 diere op drie persele ingeënt en in Mpumalanga is 26 073 diere ingeënt. In totaal is uitbrekings op ses persele as afgehandel en geslote by die WOAH aangemeld.

Besonderhede oor oop uitbrekings

Die verslag verdeel die uitbrekings in drie voorvalle. In die eerste een word 88 eiendomme geraak – waarvan een in die Vrystaat en die res in KwaZulu-Natal is. Dié voorval het in Mei 2021 in KwaZulu-Natal begin en het onlangs versprei na ’n voerkraal by Harrismith. Sedert die vorige bygewerkte verslag van 29 Augustus is 9 positiewe liggings in KZN gerapporteer. Hierdie is nie nuut geïnfekteerde liggings nie, maar is geïdentifiseer deur waarnemings rondom plekke waar voorheen positiewe gevalle aangemeld is. Inentings word deurlopend gedoen.

Die tweede voorval word met Limpopo verbind en het in Maart 2022 begin. Daar is sewe provinsies wat geraak word, met die laaste positiewe geval wat op 13 Junie vanjaar aangemeld is en drie uitbrekings wat as afgehandel aangemeld is.

Die derde voorval betrek Noordwes, die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga. Dit het in Maart 2022 in Noordwes begin en daar is tans 47 eiendomme wat hierdeur geraak is. Hiervan is vyf nuwe positiewe gevalle sedert 29 Augustus aangemeld. Een uitbreking is as afgehandel aangemeld.

Die nuwe uitbrekings is deur serologiese toetse bevestig wat gedoen word binne die kwarantyn-radius van persele waar beeste voorheen positief getoets het of deur die opsporing en aanmelding van kliniese tekens.

Diagnostiese toetse en epidemiologie 

Die uitbreking in die Vhembe-distrik in Limpopo is deur ’n SAT 3-virus veroorsaak, wat ook verantwoordelik is vir die uitbrekings in Noordwes, die Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng. Die virus blyk hoogs aansteeklik te wees en hou aan versprei ondanks die deurlopende instelling van kwarantynmaatreëls en die vervoerverbod. 

Dit blyk dat daar veral drie maniere is waarop dié virus oorgedra word: Deur die verskuiwing van klinies gesonde diere wat in die inkubasie-tydperk is, deur die besmetting van eiendomme deur voertuie, mense of toerusting omdat die biosekerheidsmaatreëls nie voldoende is nie, en deur snoet-tot-snoet-kontak tussen beeste op aangrensende plase. 

In KwaZulu-Natal is daar nog nie ’n geloofwaardige bron vir die uitbreking gevind nie. Die virus verantwoordelik vir dié voorval is ’n SAT 2-virus. Dis dieselfde virus wat in 2019 die uitbreking in die beheersone in die noorde van Limpopo veroorsaak het. Hierdie SAT 2-virus is in ’n voerkraal by Harrismith in die Vrystaat geïdentifiseer en verbind dus hierdie voerkraal met die uitbreking in KwaZulu-Natal. 

Die distrikte waar die drie uitbrekings plaasgevind het, word deurlopend gemonitor vir tekens van die siekte en bloed word ook gereeld getrek, met meer noukeurige inspeksies rondom plase wat vir die eerste keer besmet word. Sodra enige diere positief getoets word op ’n eiendom, word die hele eiendom met alle diere wat in kontak was met die eiendom as positief beskou.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.23
-0.3%
Rand - Pond
22.28
-0.2%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
966.77
-1.0%
Palladium
1,400.99
-1.0%
Goud
1,968.45
-0.5%
Silwer
22.97
-1.1%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
0.0%
Alle aandele
74,695
0.0%
Hulpbronne 10
64,294
0.0%
Industriële 25
101,619
0.0%
Finansiële 15
15,178
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Leef, vergeet van gister, die lewe is kort
Ek is saggeaard, lewenslustig 'n Christen, spontaan met tye en ooo baaaaie verstrooid!!! Ek lief die buitelewe en die rustigheid. Mal oor die wind deur my hare en baie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot