AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Bek-en-klouseer-entstoffabriek eers oor jare klaar

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Die Landbounavorsingraad (LNR) sal moontlik eers in 2026 die eerste besending entstof vir bek-en-klouseer uit sy nuwe entstoffabriek gereed kan hê. Hierdie inligting is vervat in ’n parlementêre antwoord van me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, wat as “vertroulik” geklassifiseer is.

Mnr. Noko Masipa, DA-LP, het gevra hoe gevorder word met die oprig van die gebou waar die entstof vervaardig moet word, die redes waarom dit sloer en wanneer entstowwe daar geproduseer sal word. Didiza het aangedui dat die LNR verwag dat die nuwe entstofgebou in 2025 in bedryf sal wees en dat dit dan binne nege maande die eerste besending enstof sal kan produseer.

LANG PAD

In 2009 het die LNR gesê dat hy die regte ondersteuning van die regering moet kry anders sal die land aan landbourisiko’s blootgestel word. Sedert hierdie waarskuwing gerig is, het die land verskeie uitbrekings van bek-en-klouseer ondervind en miljarde se verliese is gely toe hy sy uitvoerstatus vir vleisprodukte na Europa verloor het.

Die LNR het al in 2005 weens tegniese probleme en onvoldoende infrastruktuur opgehou om entstof te vervaardig. In 2010 het die nasionale tesourie altesame R220 miljoen aan die LNR se program vir oorgrens-dieresiektes bewillig om ’n nuwe entstoffabriek op te rig. ’n Groot agterstand is egter opgebou weens onder meer begrotingstekorte, probleme met bouplanne en stygende koste. Die bedrag is in die tussentyd verhoog en oor die mediumtermyn-bestedingsraamwerk is R400 miljoen begroot vir die bou en vestiging van sy entstoffabriek. Kliniese eksperimente sal ook by die fabriek gedoen word vir die ontwikkeling van ’n breëspektrumentstof vir hartwater, knopvelsiekte, bokpokkies en bokplaag.

Op die oomblik het Suid-Afrika nie ’n entstoffabriek nie. Die land is afhanklik van entstofinstituut in Botswana (BVI) vir hierdie entstof. BVI voorsien reeds entstof aan verskeie ander lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

In Februarie 2020 het dr. Shadrack Moephuli, president en uitvoerende hoof van die LNR, gesê daar is reeds goeie vordering gemaak met die ontwikkeling van die entstof. Daar is gevind dat die entstof die dier vir nege maande beskerm. Nog toetse word gedoen.

PROSES

Didiza het gesê sekere prosesse moet gevolg word om die projek behoorlik deur te voer.

In 2014 het die LNR ’n ingenieursfirma aangestel om die uitleg en konsep vir die argiteksontwerp te doen en die bouwerk van die fabriek te bestuur. Hierdie kontrak het in 2016 geeïndig.

Toe die nasionale tesourie en die parlement uiteindelik die geld vir die projek goedkeur, het die LNR weer met die firma geskakel, maar ten spyte van lang onderhandelinge kon die LNR nie meer die argiteksontwerp gebruik nie omdat die kontrak reeds verstryk het en dit die firma se intellektuele eiendom is.

In die tussentyd het die LNR voortgegaan om die entstof in sy ou gebou te toets. Nege BScHons-studente is in die vervaardiging van die entstof opgelei. Die direksie van die LNR het onlangs goedgekeur dat ’n projekbestuurder met ervaring van bouwerk en bourekenaarkunde gewerf word. Kundiges in argiteksontwerp en die vervaardigingsproses, in pas met die internasionale standaarde vir goeie vervaardigingspraktyk, moet gewerf word. Dit is belangrik sodat die produk nie net uitgevoer kan word nie, maar ook sodat die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad aan die fabriek ’n vervaardigingslisensie kan toestaan. Die direksie het goedgekeur dat die proses vir die aanskaffing van die bouplan en die bouwerk van die gebou kan begin.

“Om die dienste van ’n prosesingenieur te bekom wat die uitleg van die infrastruktuur moet ontwerp wat in die vervaardigingsproses gebruik gaan word, en die werklike produksieproses is moeilik, want dit is wêreldwyd ’n skaars vaardigheid. Daarom moet die kundigheid van elders ter wêreld bekom word.”

Nadat dié poste uiteindelik gevul is, sal dit sowat drie jaar duur vir die entstoffabriek om voltooi te word, met die ontwerpfase wat sowat 449 dae sal neem, bouwerk 734 dae en bekragtiging van ’n lisensie sowat 540 dae.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
DIS TYD
Kom gesels met my. Vriendelik opreg Hou van avontuur soos gaan kamp of 'n naweek weg op motorfiets Braai Rustig by huis wees Uitgaan vir 'n drankie
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot