Bek-en-klouseer het na bewering in KwaZulu-Natal uitgebreek, met sowat 300 diere wat waarskynlik positief getoets het, sê me. Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.
Luidens ‘n berig op Sapa het die Minister Maandag (28 Februarie) tydens ‘n perskonferensie in die parlement gesê: “Die department het verdagte positiewe serologiese resultate vir bek-en-klouseer opgetel. Meer as 600 diere is getoets en 50 persent van hulle is glo positief gediagnoseer”.
Uitvoere gestaak
Die uitvoer van alle gesplete hoef diere is derhalwe vir eers opgeskort en die kwessie is by die Wêreldgesondheidsorganisasie aangemeld.
‘n Span kundiges van die departement ondersoek tans die saak. Joemat-Pettersson het ‘n beroep op boere in KwaZulu-Natal gedoen om nie paniekerig te raak nie, aangesien hulle diere in geen onmiddellike gevaar verkeer nie.
28 Februarie 2011