Mnr. Dewald Olivier, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, het op die herkouerveterinêre vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) se onlangse kongres in Gqeberha gesê daar word nie aldag besef hoe groot die taak is om ’n naspeurbaarheidstelsel vir Suid-Afrika te vestig nie.
Suid-Afrika het ’n geskatte 14 miljoen beeste, en kulture wat anders te werk gaan met beeste. Namibië het nagenoeg 2,37 miljoen beeste en Botswana 1,74 miljoen beeste.
Hy het gesê daar word al hoe meer besef dat ’n naspeurbaarheidstelsel aangepas sal moet word volgens wat by Suid-Afrika pas en nie wat in ander lande gebeur nie.