AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Bek-en-klouseer is ook ’n handelsiekte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Brand Republic
Ter illustrasie. Foto: Brand Republic
Brand Republic
Bek-en-klouseer is vir lande soos Amerika, Australië en Nieu-Seeland hul grootste nagmerrie.

Miljoene is bestee om die siekte uit die weg te ruim en dié lande is uiters versigtig vir die terugkeer van bek-en-klouseer. Ook Namibië beheer die siekte uiters nougeset en het al sedert 1963 geen geval buite die beheerde gebied (rooilyngebied) gehad nie.

Dáárom benadeel die huidige voorkoms van die siekte Suid-Afrika se buitelandse handel in vleisprodukte ernstig, het dr. Danie Odendaal, konsulterende kuddegesondheidsveearts en direkteur van Veeartsnetwerk, gesê.

Hy het aan ’n paneelbespreking van die NWU Sakeskool oor dié veesiekte op Nampo Alfa deelgeneem en gesê die eerste ding om te verstaan, is dat dit ook ’n handelsiekte is met ’n ongunstige impak op die uitvoermark.

“Vir ons in Suid-Afrika is dit niks in vergelyking met die siektes wat ons reeds mee te kampe het nie – ons het 20 ander siektes wat veel erger is. Die oorsese uitgangspunt is dat bek-en-klouseer hul ergste dieresiekte is en daarom wil hulle dit nie weer sien nie.”

Waar die ander veesiektes op plaasvlak deur boere self beheer word met die hulp van private veeartse, moet die staat volle verantwoordelikheid vir bek-en-klouseer aanvaar, het Odendaal verduidelik. “Tot 95% van die siektes wat ’n ekonomiese impak op die bedryf het, word deur die private sektor beheer. Die ander 5% is die staat se verantwoordelikheid en die belastingbetaler dok op daarvoor.”

Private sektor moet betrokke wees

Konstruktiewe skakeling tussen die bedryf en die regering is die pad om vorentoe te volg, het mnr. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, gesê. Hy het verwys na die nasionale dieregesondheidsforum waarop elf veebedrywe verteenwoordig word en wat gereeld met die staat praat oor die hantering van bek-en-klouseer. Hy het beklemtoon dat besluite deur al die vertakkings van die bedryf, insluitend wol- en melkboere, geneem moet word.

Schutte glo private veeartse moet net so betrokke wees in die bekamping van die siekte as staatsveeartse. “Ons het gesien met instellings soos Eskom dat die staat nie die vermoë het om dit te bestuur nie. Nou het ons op die punt gekom waar die staat agterkom hy kan nie sonder die private sektor die wa deur die drif trek nie. Dit is nou ons verantwoordelikheid om, nie soseer met geld nie, maar met bestuurvernuf ’n bydrae te lewer.”

Die huidige status van Suid-Afrika as ’n land met bek-en-klouseervrye sones sonder inenting is nie meer prakties haalbaar nie, het Schutte gesê. “Die volgende stap is bek-en-klouseervrye status met inenting waar nuwe kompartemente geskep word, soos byvoorbeeld vir die Kaap.”

Plaaslike entstowwe nodig

Selektiewe inenting sal plaasvind, maar Suid-Afrika moet in staat wees daartoe om sy eie entstowwe teen die plaaslike stamme van die siekte te vervaardig. Op die oomblik word entstowwe van Botswana af ingevoer en dit is relatief duur.

Op sy beurt het Odendaal gewaarsku dat die huidige entstowwe nie voldoende is om nasionale kudde-immuniteit te bewerkstellig nie. “Ons moet die beperkings van entstowwe verstaan. Dit bied beskerming op verskillende maniere. Anders as die entstowwe teen dieresiektes wat ons tans gebruik, bied die bek-en-klouseerentstof nie immuniteit vir ’n jaar lank nie, maar vir korter tydperke. Tans werk die entstof in die buffersone met elke dier wat elke ses maande ingeëent word.”

Lede van die paneel was dit eens dat daar ’n groot verantwoordelikheid op boere en die staat rus om, wanneer die huidige bek-en-klouseersiklus onder beheer is, toe te sien dat dit nie weer gebeur nie. “Ons moet proaktief optree en daar moet gevolge wees vir die onbeheerde beweging van diere uit beheergebiede,” het mnr. Isak Staats, hoofbestuurder van wol en sybookhaar by BKB, gesê. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.42
-0.1%
Rand - Pond
21.47
+0.1%
Rand - Euro
18.94
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,012.37
+1.1%
Palladium
1,653.77
+1.1%
Goud
1,929.63
+0.3%
Silwer
23.72
+0.5%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,431
-1.2%
Alle aandele
79,477
-1.1%
Hulpbronne 10
75,833
-2.8%
Industriële 25
102,289
-0.4%
Finansiële 15
16,145
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
wil lag en die lewe geniet
EK WERK HARD LIEF VIR MENSE HOU VAN DIE BUITELEWE IS GESOND HOU VAN KAMP LEES BAIE EK HAAT LUI MENSE
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot