AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Bek-en-klouseer: KZN-veeboere onder groot finansiële druk

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Meer as twee maande het verloop sedert bek-en-klouseer bevestig is in die noordooste van KwaZulu-Natal.

As gevolg daarvan is die provinsie se rooivleiswaardeketting nou onder ernstige finansiële druk.

Teen 30 Julie 2021 het die staat se veeartsenykundige gesondheidsowerhede die voorkoms van die siekte al op 22 plekke in KwaZulu-Natal bevestig, insluitend op twee groot kommersiële voerkrale buite die groot siektebestuursgebied wat deur die staat verklaar is nadat die uitbreking einde Mei bevestig is.

Mnr. Angus Williamson, voorsitter van die KwaZulu-Natalse Rooivleisprodusente-organisasie, sê die kombinasie van streng bewegingsbeheer vir vee uit die siektebestuursgebied saam met die kwarantyn van die twee groot voerkrale beteken dat speenkalfverkope in die provinsie amper tot stilstand gedwing is. Dit het ernstige finansiële gevolge vir speenkalfprodusente op alle produksieskale. Weens die bewegingsbeheer is boere dikwels ook nie in staat om ouer diere en teeldiere te verkoop of in te koop nie.

“Dit gaan boere se kontantvloei beïnvloed. Hoe gaan die boere hul rekeninge kan betaal? Die rooivleisvoorraad word ook ernstig belemmer.”

Mnr. Peter-John Hassard, ’n bees-en-wildboer in die distrik Hluhluwe wat binne die siektebestuursgebied lê, sê hy is baie bekommerd dat hy nie ’n inkomste kan genereer nie. Hy moes nou geld kry om sy diere wat reeds bemark moes gewees het, aan te hou voer. Te midde van die streng bewegingsmaatreëls kon hy nie eens jaggeleenthede op sy wildplaas verkoop nie.

“Hierdie uitbreking het ’n wye uitwerking. Die pryse vir diere van stoettelers buite die siektebestuursgebied is onder druk omdat veeboere binne die gebied nie nou teelvoorraad wil koop nie, of hulle kan nie bekostig om daarvoor te betaal nie. Vir my voel dit nie asof ons nader aan die einde van hierdie situasie kom nie.”

Landbouweekblad se pogings om kommentaar te verkry van die KwaZulu-Natal-tak van die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) en die nasionale opkomende rooivleisprodusente-organisasie (Nerpo) was tot dusver onsuksesvol.

In haar verslag van 30 Julie 2021 skryf dr. Mpho Maja, hoof van die nasionale direktoraat vir dieregesondheid, ondersoeke om die omvang van die verspreiding van bek-en-klouseer te bepaal, is amper voltooi. Die liggings in KwaZulu-Natal waar dié siekte tot dusver bevestig is, behels twee stelle diptenks in kommunale weidingsgebiede en twee kommersiële voerkrale.

Sy skryf geen noodinenting is nog uitgevoer nie. Die gebruik van inenting sal oorweeg word sodra die omvang van die uitbreking en die verspreidingsnelheid bepaal is deur voortgesette epidemiologiese ondersoeke.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.60
-0.1%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.96
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,790.07
-0.2%
Silwer
20.43
-0.5%
Palladium
2,213.99
-0.4%
Platinum
930.91
-0.7%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot