AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Bek-en-klouseer: Meld die skuldiges aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Alle voertuie se bande moet ontsmet (gespuit) word met ’n ontsmettingsmiddel. Foto: Verskaf
Alle voertuie se bande moet ontsmet (gespuit) word met ’n ontsmettingsmiddel. Foto: Verskaf
Boere moet die oë en ore op die grond wees wat ongerymdhede aanmeld met die ongereguleerde verskuiwing van diere sodat bek-en-klouseer gestuit kan word.

“As jy sien daar vind iets verkeerd plaas, selfs op die provinsiale grense, meld dit aan.”

Dit was die raad van dr. Shaun Morris, ’n veeartskonsultant vir voerkrale, aan Oos-Kaapse boere op een van Agri Oos-Kaap se bek-en-klouseer-inligtingsdae wat by die Van Staadensrivier-boerevereniging naby Gqeberha aangebied is.

Hy het gesê daar kan nie op die polisie staatgemaak word om die verskuiwing van diere te polisieer nie. Alles moontlik moet gedoen word om die Noord-, Oos- en Wes-Kaap skoon te hou van die siekte.

Hy het gewaarsku dat enigeen wat binne ’n distriksbestuursarea vasgekeer is, slegs beeste kan uitlaai om te slag. Geen diere mag ingebring word nie.

Blote geluk

Volgens mnr. Brent McNamara, uitvoerende hoof van Agri Oos-Kaap, is dit blote geluk dat die siekte nog nie na die Oos-Kaap versprei het nie.

McNamara het aan boere gesê dat mense wat nie die regte dinge doen nie, uitgewys moet word. “Ons moet ophou sê ek gaan nie my vriend verklik nie, want dit raak ons almal. Ons sal daardie ouens moet rapporteer en druk plaas om hulle uit die stelsel te kry, want anders gaan ons nooit hierdie probleem gestuit kry nie.”

Doen alles moontlik vir biosekerheid

Mnr. Dan Kriek, verteenwoordiger vir lewendehawe-agente by die landbouprodusenteraad, het gewaarsku dat as die bek-en-klouseer-situasie nie opgelos word en die uitvoer van beesvleis kan voortgaan nie, kan boere binnekort speenkalfpryse sien waarmee hulle nie sal kan oorleef nie.

Hy het boere aangemoedig om alles binne hul eie vermoë op die plaas te doen om ’n biosekerheidsplan in te stel om te voorkom dat die siekte na hul plase versprei en om nie verskonings uit te dink oor waarom dit nie gedoen kan word nie.

“Ek sal geen klip onaangeraak laat om te doen wat ek kan om myself te beskerm nie.”

Hy het boere aangeraai om nie die geveg alleen te veg nie, maar ook om hul plaaslike boereverenigings in te sluit.

Volgens McNamara kan boere onder meer kyk na kompartementering in hul gebiede om ingangs- en uitgangsroetes na ’n area te beheer. Hy het boere in areas met sekuriteitskamera-netwerkte wat gekoppel is aan Agri Oos-Kaap se beheerkamer, aangeraai om met die beheerkamer te kommunikeer om die beweging van verdagte voertuie in en uit ’n area dop te hou.

“Die maatreëls moet nie net vir bek-en-klouseer tref word nie, daar is verskeie ander gevaarlike siektes, soos brucellose en tuberkulose.”

Morris het boere aangeraai om die klere en skoene van werkers eerder op die plaas te hou en ’n ekstra twee of drie pare skoene vir werkers aan te skaf.

Hy het ook boere wat diere van buite hul plaas inbring, aangeraai om geen diere op hul plaas toe te laat nie tensy hulle nie ’n biosekerheidsprotokol ondergaan het nie. “Selfs al koop jy ’n bul van die beste boer in die land.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-1.2%
Rand - Pond
21.43
-1.2%
Rand - Euro
19.04
-1.0%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.9%
Platinum
972.00
-1.5%
Palladium
1,643.39
-0.6%
Goud
1,875.22
+0.1%
Silwer
22.28
+0.5%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,968
+0.7%
Alle aandele
79,976
+0.6%
Hulpbronne 10
74,722
+0.2%
Industriële 25
103,851
+1.2%
Finansiële 15
16,339
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verlore Hart
Baie spontaan en liefde vol en ongelooflik lief vir kinders en goeie geselskap. Soet of stout, Betroubaar. Bok vir sports
Baie "Humble" wil gelukkig wees
Ek is gelukkig in myself, het al baie hartseer beleef. Ek is baie self versekererd hou van mense. Ek is liefdevol, en gee altyd net my beste, ek gee om, help altyd waar ek kan....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot