Dr. Adrian Gordon, ’n veearts by die Howick-veeartsenykliniek in KwaZulu-Natal, het dit onlangs op ’n vergadering by Nottingham Road gesê.
Gordon het gesê Afrika-buffels is natuurlike draers van bek-en-klouseer is en toon dus nie simptome van die siekte nie. In Suid-Afrika, waar hierdie wilde diere tipies binne omheinde beskermde areas rondloop, vind verspreiding van bek-en-klouseer na vee met gesplete hoewe gewoonlik net plaas as Afrika-buffels tot in aangrensende boerderyareas ontsnap.
“Die bek-en-klouseervirus is teenwoordig in alle afskeidings en uitskeidings van besmette diere. Hierdie afskeidings en uitskeidings kan tot vier dae aansteeklik wees voordat die besmette dier kliniese tekens van bek-en-klouseer begin toon. Dié virus kan tot 60 dae op weidingsgrasse en in mis oorleef.”