AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bek-en-klouseer ten spyte van stilswye steeds bedreiging

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Ten spyte van die sluier van geheimhouding wat om die uitbreking van bek-en-klouseer getrek word en die indruk wek dat dit onder beheer is, is dié siekte steeds ’n wesenlike bedreiging vir die beesvleisbedryf, sê die veearts dr. Shaun Morris.

Morris is een van verskeie belanghebbendes wat hul kommer uitgespreek het oor die gebrek aan inligting oor die uitbrekings van bek-en-klouseer in die sentrale gedeeltes van Suid-Afrika, veral aangesien sommiges meen die uitbrekings is allesbehalwe onder beheer.

“Die indruk word gewek dat bek-en-klouseer nie meer ’n bedreiging is nie, maar eintlik kom dit nog baie voor. Ons sien bewyse daarvan op grondvlak en dit is ’n massiewe probleem.”

Hy sê die SAT 3-stam is die algemeenste stam van die virus wat tans voorkom. “Die probleem is dat die siekte baie matige kliniese tekens veroorsaak by beeste wat aan die virus blootgestel word. Dit is moontlik dat die siekte nie in ’n kudde opgemerk sal word nie as ’n mens nie weet vir watter tekens jy op die uitkyk moet wees nie.”

Die regering het gister aangekondig dat twee nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld is. In een van die gevalle is diere vermoedelik van ’n plaas in Noordwes na ’n plaas in die Vrystaat gebring.

Mnr. Roelie van Reenen, uitvoerende hoof van die Beefmaster-groep se voorsieningsketting, sê dat as bek-en-klouseer nie hokgeslaan word nie, sal dit ernstige gevolge vir die hele beesvleisbedryf inhou.

“Die bedreiging wat bek-en-klouseer vir die beesbedryf inhou, is enorm. Al die belanghebbendes in die bedryf moet ernstig wees oor die bekamping van die siekte aangesien ons nie net op die regering staat kan maak om dit te doen nie. Ons moet eenvoudig keer dat dit verder versprei.”

Een van die beste maniere om dit te doen, is om die beweging van beeste te beperk en waar beeste gekoop word, daarop aan te dring dat hulle deur ’n veearts ondersoek word.

Volgens Morris is die provinsiale veeartsesnydienste besig met ondersoeke om die omvang van die uitbrekings te bepaal en dit onder beheer te kry.

Meer kan gedoen word

Van Reenen sê verskeie belanghebbendes in die bedryf het reeds ernstige pogings by voerkrale en plase aangewend om die verspreiding van die siekte te beperk of verhoed, onder meer die installering van kwarantyngeriewe. Meer kan egter gedoen word.

“Wanneer beeste op groot byeenkomste aangekoop word, is een manier om ’n uitbreking te verhinder om aan te dring op biosekerheidsmaatreëls. Dit kan die ondersoek van maatreëls insluit wat by die byeenkoms getref is, asook om daarop aan te dring dat beeste vir ’n spesifieke periode, minstens 28 dae, in kwarantyn geplaas en deur ’n veearts as gesond en siektevry verklaar word.”

Volgens Van Reenen is oorgerustheid tans die grootste probleem aangesien almal voortgaan asof daar nie ’n onmiddelike gevaar of bedreiging is nie. “Ons kan nie aanhou om besigheid te doen sonder robuuste biosekerheid nie. Dit is nie meer veilig om staat te maak op verhoudings of die geskiedenis en te sê ‘ek weet waar my beeste vandaan kom, want ek koop dit al jare hier’ nie.

“Niemand is veilig van bek-en-klouseer nie. Die enigste manier hoe ons dit kan hokslaan, is deur ernstig daaroor te wees en te aanvaar dat strenger maatreëls ingestel moet word.”

Hy sê dit is veral belangrik aangesien die beesvleisbedryf as een van die sterkste bedrywe in die rooivleisbedryf beskou word en na verwagting teen 2030 meer as R12 miljard tot die landbousektor se bruto binnelandse produk sal voeg.

“Die beesvleisbedryf konsentreer die afgelope paar jaar op die verkryging van toegang tot nuwe markte vir ons produkte. Ons kan nie bekostig om hierdie uitvoermarkte, asook potensiële nuwe markte, weens bek-en-klouseer te verloor nie.”

Die uitbreking van bek-en-klouseer in Maart vanjaar het daartoe gelei dat China die invoer van alle produkte van diere met gesplete hoewe, insluitend wol, vanaf Suid-Afrika opgeskort het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.27
-0.5%
Rand - Pond
21.20
-0.9%
Rand - Euro
18.24
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,800.98
+0.6%
Silwer
23.14
+0.3%
Palladium
1,929.50
-0.1%
Platinum
1,008.00
-0.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,762
+0.7%
Alle aandele
74,939
+0.6%
Hulpbronne 10
73,728
-0.1%
Industriële 25
93,134
+1.6%
Finansiële 15
15,507
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek
Baie liefde .omgee. eerlikheid en hou van die bos .braai .kuier om n vuur en hou van aĺl black rugby
Opgewonde! Lets do this!
Ek is passievol, opreg, eerlik en sommer net vol energie! Ek kan 'n lekker stappie in die woud gaan doen... ek kan die hele aand deur op daai dansbaan dans, ek kan die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot