AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Bek-en-klouseer-uitbreking nie ’n verrassing, sê Afrivet

akkreditasie
Die nuwe bek-en-klouseer-uitbreking wat die departement van landbou Vrydag in die Mtubatuba-omgewing in KwaZulu-Natal bevestig het, is die vierde uitbreking van dié siekte in Suid-Afrika sedert 2000.

Dr. Peter Oberem, uitvoerende hoof van Afrivet, sê luidens ’n verklaring hulle het met ontsteltenis van die uitbreking kennis geneem, maar dit verbaas hulle nie.

Oberem sê Suid-Afrika het in die afgelope 20 jaar herhaaldelik krisisse weens bek-en-klouseer-uitbrekings ervaar, met die huidige uitbreking wat volg op die vorige uitbreking in Limpopo aan die einde van 2019. Landbouweekblad het verlede jaar berig dat dr. Mike Modisane, hoofdirekteur van diereproduksie en -gesondheid van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, bevestig het dat ’n uitbreking in ’n beskermingsone in Bosbokrand, Mpumalanga, in Maart verlede jaar voorgekom het.

Oberem sê die uitbreking het verwoestende ekonomiese gevolge vir veeprodusente en verwante bedrywe. Oberem moedig boere aan om streng biosekerheidsmaatreëls op hul plase toe te pas. Dit sluit onder meer in om nie nuwe diere in kontak met jou veekudde laat kom nie en streng higiëne en sanitasie op jou persele toe te pas.

Slapende reus

Intussen het die nasionale RPO in ’n verklaring gesê die bekamping van bek-en-klouseer is in landsbelang. Die rooivleisbedryf het jaarliks ’n omset van meer as R80 miljard en daar word na die bedryf verwys as die slapende reus van Suid-Afrikaanse landbou. Die RPO sê die bedryf is hoogs mededingend en pryse is 30% onder die wêreldnorm. Daar is realistiese potensiaal om beesvleisuitvoer van die huidige 5% tot 20% van plaaslike produksie op te stoot.

Mnr. Koos van der Ryst, voorsitter, sê om die potensiaal te verwesenlik word ’n hoë vlak van dieresiektebekamping vereis en die jongste uitbreking van bek-en-klou is ’n verdere terugslag nadat Suid-Afrika sy status as bek-en-klouseervrye sone permanent verloor het. “Dit sal Suid-Afrika ten minste vyf jaar kos om sy status te herwin, maar as ons uitvoer intussen wil laat groei, moet ons vordering maak met die proses om bek-en-klouseer te bekamp.”

Hy sê van die bedryf se kant is die nasionale dieregesondheidforum en provinsiale dieregesondheidforums geherstruktureer ten einde die regering te help met die bekamping van bek-en-klouseer. Die bedryf het reeds aangedui dat hy bereid is om ‘n bydrae in dié verband te lewer. Die formele rooivleisbedryf is besig om ’n memorandum aan die minister van landbou met moontlike oplossings te finaliseer. Dit sluit in bykomende finansiering van die tesourie, maniere om kapasiteitsprobleme te hanteer, behoeftes oor infrastruktuur en marktoegang.

Voorgestelde oplossings

Volgens Oberem het Afrivet oor die afgelope paar jaar saam met die pas oorlede prof. Gavin Thomson, ’n internasionale veeartsenykundige en kenner op die gebied van bek-en-klouseer, gewerk om in Mei vanjaar ’n video en monografie bekend te stel. Die tema daarvan is “Bek-en-klouseer in Suid-Afrika: Huidige probleme en voorgestelde oplossings”.

Volgens Oberem konsentreer die publikasie op die beleide wat sedert die 1940’s toegepas word, wat aan die beleide verander behoort te word, en , gegrond op die moderne siening oor diagnosering, karkastoetsing en inenting, ’n verskuiwing na kommoditeitsgebaseerde bek-en-klouseerhandelsbeheer in teenstelling met die geografies gebaseerde beheer wat tans toegepas word. Dit kan die sertifisering van produkte as bek-en-klouseervry, selfs vanaf bek-en-klouseerpositiewe gebiede, moontlik maak.

Jy kan die video en monografie hier sien - https://youtu.be/5SvZ9qWW0h0

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Opgewonde! Lets do this!
Ek is passievol, opreg, eerlik en sommer net vol energie! Ek kan 'n lekker stappie in die woud gaan doen... ek kan die hele aand deur op daai dansbaan dans, ek kan die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot