AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bek-en-klouseer: Vee-identifikasie- en naspeurbaarheidstelsel dringend nodig

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Brand Republic
Ter illustrasie. Foto: Brand Republic
Die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in Zoeloeland en die gevolglike kwarantyn van ’n groot deel van die distrik, het weer die noodsaaklikheid van die dringende toepassing van die langverwagte nasionale vee-identifikasie- en naspeurbaarheidstelsel vir Suid-Afrika beklemtoon.

Luidens ’n verklaring van die Beefmaster-groep, ’n plaaslike onderneming wat beesvleis produseer en uitvoer, is so ’n stelsel noodsaaklik om die hele veewaardeketting van Suid-Afrika te beskerm teen die potensieel vernietigende gevolge van ekonomies belangrike dieresiektes.

Mnr. Roelie van Reenen, uitvoerende hoof van die Beefmaster-groep se voorsieningsketting, sê die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) het Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status vroeg in 2019 herroep. Verskeie lande wat in daardie tyd Suid-Afrikaanse veeprodukte ingevoer het, het invoer uit Suid-Afrika onmiddellik verbied en die plaaslike veebedryf het sowat R8 miljard se inkomste verloor.

Van Reenen sê hoewel Suid-Afrika nog nie sy status herwin het nie, is uitvoer na verskeie lande hervat danksy onderlinge handelsooreenkomste wat deur die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling beklink is.

Hy sê as die nuutste uitbreking van bek-en-klouseer versprei, sal die impak op die nywerheids- én verbruikersvlak gesien word, aangesien 95% van die beesvleis wat in Suid-Afrika geproduseer word, plaaslik verbruik word. Alle betrokkenes in die veebedryf moet saamwerk om die Suid-Afrikaanse veebedryf te beskerm deur ’n gesonder nasionale kudde te verseker. Dit begin met die toepassing van maatreëls en protokolle wat die gehalte en gesondheid van beeste en ander vee verseker.

Hy verwelkom dit dat die bek-en-klouseeruitbreking einde Mei by kommunale diptenks in Zoeloeland vinnig opgespoor is, asook die onmiddellike instel van ’n tydelike kwarantyngebied.

bek-en-klouseer area KZN
Sedert Suid-Afrika se nuutste uitbreking van bek-en-klouseer (die kaart toon die tydelike siektebestuursone), is daar weer ’n beroep gedoen op die toepassing van die nasionale stelsel vir identifisering en naspeurbaarheid van vee te versnel. Kaart: Verskaf

Permitte

Dr. Mpho Maja, direkteur van dieregesondheid by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê tot 2 Julie is bek-en-klouseer op 18 plekke bevestig. Altesaam 17 hiervan was binne die tydelike kwarantyngebied, terwyl die ander plek ’n kommersiële voerkraal binne die uThukela-distriksmunisipaliteit buite die gebied was.

Maja sê epidemiologiese ondersoeke duur voort om die moontlike oorsprong van die virus en plekke waarheen die virus kon versprei, te bepaal.

Die vervoer van diere met gesplete kloue en die meeste van hul produkte binne en uit die kwarantyngebied word nou toegelaat onderhewig aan die uitreiking van ’n permit. Die vervoer van lewende diere met gesplete kloue deur die kwarantyngebied bly verbode.

Volgens Maja sal aansoeke van vee-eienaars om ’n permit individueel verwerk word. Indien nodig kan vereis word dat diere eers 21 dae lank afgesonder moet word voordat hulle deur ’n veearts of para-veearts vir tekens van bek-en-klouseer ondersoek word.

Maja sê geen beperking word geplaas op die vervoer van diere wat nie vatbaar is vir die bek-en-klouseer nie, of die vervoer van gras, hooi en droë mis nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.35
-0.1%
Rand - Euro
18.30
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.69
+0.6%
Silwer
23.34
+0.8%
Palladium
1,915.41
+0.8%
Platinum
1,028.99
+0.9%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,237
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot