AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bek-en-klouseer: Veel meer as ’n verskuiwingsverbod nodig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
Ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
Die onlangs opgehefde landwye verbod op die verskuiwing van beeste om verdere uitbrekings van bek-en-klouseer te probeer keer, kon nie sy doelwit bereik nie.

Dit is onder meer omdat dié verbod deur die regering en staat op nasionale vlak toegepas is sonder om eers deeglik met alle belanghebbendes in die openbare en private sektor te konsulteer.

Dit was die kommentaar van mnr. Angus Williamson, voorsitter van die KwaZulu-Natalse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), op die nuus dat nog moontlike uitbrekings in KwaZulu-Natal en die Vrystaat aangemeld is slegs dae voordat die 21 dae lange nasionale verskuiwingsverbod op 8 September opgehef is.

Williamson het ook gereageer op berigte dat die polisie en staatsdieregesondheidstegnici nie voertuie doeltreffend voorkeer en dit teen bek-en-klouseer ontsmet op roetes vanaf gebiede en provinsies waar uitbrekings van hierdie ekonomies belangrike siekte bevestig is nie.

“Daar was baie min kommunikasie van die nasionale regering aan veiligheidsowerhede op voetsoolvlak oor wat van hulle verwag word ten opsigte van padblokkades en ontsmettingsplekke. In KwaZulu-Natal het die RPO en Kwanalu baie meer gedoen om hierdie inligting aan polisiekantore, veediefstaleenhede, die padverkeersinspektoraat en ander oor te dra,” het hy aan Landbouweekblad gesê.

Hy het gesê ’n gebrek aan staatshulpbronne op grondvlak ondermyn die pogings om bek-en-klouseer te bekamp. Boonop vereis die wetgewing dat die staat se veiligheidsowerhede onwettig vervoerde vee terug na hul oorsprong moet vergesel. Dit is nie haalbaar nie, want dit sal dikwels van hierdie owerhede vereis om heen- en terugreise van honderde kilometer en baie uur te onderneem.

Williamson het gesê daar is “nie veel gedink” aan hoe vorige en bestaande bekampingsmaatreëls vir Suid-Afrika se jongste bek-en-klouseer-bedreiging gepolisieer moet word nie. Sy onmiddellike aanbeveling is dat, soos met die bek-en-klouseeruitbreking in 2000 gedoen is, die weermag ingeroep word om die toepassing van wetgewing en regulasies vir die huidige uitbreking aansienlik te versterk. Die geskiedenis van die uitbreking in 2000 toon dat hierdie siekte deur deeglike polisiëring, voldoende toegewyde hulpbronne, ’n geskikte begroting en doeltreffende rekordhouding van diere geklop kan word.

“Die enigste ander manier om die voorkoms hierdie siekte te verminder is om ‘bek-en-klouseervry met inenting’-sones in Suid-Afrika in te stel en die siekte te bestuur soos hoe hulle in Suid-Amerika doen. Dit is van deurslaggewende belang dat dié entstof plaaslik deur een of meer private ondernemings vervaardig word. Dit is die enigste verdedigingslinie wat in hierdie stadium vir ons oor is.”

Die wêreldorganisasie vir dieregesondheid (WOAH) se webwerf meld dat inentingstrategieë ontwerp kan word om massadekking te bereik of wat op spesifieke groepe diere of sones gerig kan word. Van die oorwegings vir sulke inentingsprogramme teen bek-en-klouseer is dat die entstowwe wat gebruik word, aan die WOAH-standaarde voldoen en dat die stam of stamme in die entstof ooreenstem met dié wat in die veld voorkom.

“Dit is belangrik om geïnaktiveerde virus-entstowwe te gebruik omdat ’n geïnaktiveerde virus nie die vermoë het om in ingeënte diere te vermeerder nie. Die gebruik van lewende virus-entstowwe is nie aanvaarbaar nie weens die gevaar van die terugkeer na virulensie. Inenting kan ’n rol speel in ’n doeltreffende bekampingstrategie vir bek-en-klouseer, maar die besluit of inenting gebruik gaan word of nie, lê by die nasionale owerhede,” lui die WOAH se webwerf.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.31
+0.9%
Rand - Pond
21.12
+0.8%
Rand - Euro
18.20
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,779.92
+0.6%
Silwer
22.46
+0.9%
Palladium
1,883.78
+0.3%
Platinum
1,002.01
+0.2%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,596
+0.1%
Alle aandele
74,746
+0.1%
Hulpbronne 10
74,401
-0.5%
Industriële 25
91,468
-0.0%
Finansiële 15
15,762
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot